Sondaar 2 skrywe oor homoseksualisme en vergiffenis en maak ’n subtiele (of dalk nie so subtiel nie?) pleidooi ten gunste van homoseksualisme en sinspeel daarop dat die homoseksualis net een maal vergiffenis vra en dan is sy pad oop om dit verder te beoefen, omdat, soos hy dit stel, God hom nie vergewe net omdat hy eenkeer ’n homoseksuele daad gepleeg het en om vergiffenis vra nie, maar dat jy homoseksueel is. Dus, die noodwendige insinuasie is dat God nie net die eerste daad by versoek vergewe nie, maar sommer die dan ook die spreekwoordelike stempel van goedkeuring op die hele sondige proses plaas, wat dan beteken dat die homoseksueel maar sy homoseksualisme voortaan vryelik kan beoefen...
En Cornelius antwoord daarop - Sela
As dit is wat Sondaar 2 te kenne wil gee, is dit natuurlik ’n gruwelik dwaling. Dit is ook duidelik dat Sondaar 2 nie teregwysing duld nie. Hy sê daaroor dat geloof kwansuis nie gaan oor streng reëls wat nagekom moet word nie, wat gedoen mag word en wat nie en hy beskou teregwysing en berisping as ’n aanduiding dat dit liefdeloos, is. Dit is natuurlik growwe lastering, want die HERE Jesus het baie mense, ook sy dissipels was nie uitgesonder nie, tereggewys en berispe – so wil Sondaar 2 te kenne gee dat die HERE Jesus Christus sonder die liefde is? Dit is uiters lasterlik.
Nou, hierdie teregwysing waarmee ek nou hier besig is en die teregwysing wat Dolf alreeds in sy kommentaar aldaar gelewer het, sal dan seker deur die Sondaars van die ou wêreld in die kategorie van liefdeloosheid geplaas wil word, want dit versteur hulle gemaksone in hul geliefkoosde “pet sins”.
Die eerste manifestasie daarvan, kom oudergewoonte van Cornelius. Ek sien Cornelius se redelose aanval teen Dolf, wie in alle wysheid en insig, die saak korrek aan Sondaar 2 stel, en dan besef ’n mens wat bereid is om die HERE se Heilige Naam so te misbruik soos Cornelius voor bekend is, baie beslis nie tot beter instaat is, nie.
Maar daar is bepaald ’n rede daarvoor dat die Corneliusse van die wêreld só optree en dit gaan juis oor die onderwerp onder bespreking – die gevolge van vergiffenis.
Dat Cornelius, soos hy al gaandeweg verword het, sal beweer of insinueer dat die Heilige Gees van God enigiets te make sou hê met die feit dat ’n persoon homoseksualisme sal bedrywe, wat ’n sonde is, kan mens net verwag iemand met die siekste van siek siele. Hy beweer teenoor Dolf “…jou duiwelsbesetene aandrang op ’n vleeslike kondisionering in jul soort ware Christengeloof wyl jy die Heilige Gees se werking in elkeen van onse hart in ’n persoonlike verhouding met God verloën”. Die implikasie van wat hy sê is weersinwekkend, and lasterlik in die ergste onvergeeflike aard, daarvan. Hy skel Dolf juis omdat Dolf die Woord korrek uiteensit en uitlê – en dít doen Dolf deur die werking van die Heilige Gees in hom – en Cornelius noem dit “duiwelbesete aandrang”?! Cornelius doen presies soos die fariseërs met die HERE gedoen het – en let op die ernstige waarskuwing van die HERE (Markus 3:28-30).
Dan is daar ook Cornelius se insiglose, siedende aanval met teatrale en inkoherente byvoeglike naamwoorde en al, wat Dolf toegevoeg word omdat hy kwansuis homoseksualisme sou ‘uitsonder ‘- maar Cornelius is so sielsverwronge dat hy nie eens die basiese insig het om te kan besef dat Dolf juis met homoseksualisme deel in antwoord op ’n brief waar die kwessie van homoseksualisme juis deur die skrywer daarvan, Sondaar 2, uitgesonder word, nie.
Natuurlik word hierdie siedende manifestasie deur Cornelius afgesluit soos die gebruik by hom is - met ’n versoek tot vergiffenis. Hieroor meer hieronder.
Dan die somtotaal van Cornelius se manifestering in alle gevalle - hy bring die negatiwiteit tot die gesprek toe, terwyl ander deelnemers op hul manier ’n gesprek laat probeer vlot. Hy is sonder uitsondering, die afbrekende invloed omdat hy net ander kan aanval, maar bykans nooit die issues aanspreek en enige sinvolle bydrae tot die gespreksonderwerp kan toevoeg, nie.
So, wanneer ons by Cornelius se gemors verby beweeg, dit eenkant toe gevee het, kom ons by die issues uit. En tog is dit juis Cornelius se optrede en manifestasie wat vir ons baie dinge oor die gespreksonderwerp demonstreer.
Die kwessie is dat daar juis in die Genade van Christus vergiffenis vir sonde is (behalwe vir lastering teen die Heilige Gees), uit die Genade van SY verlossingswerk op Golgota en SY opstanding agterna, MAAR daardie vergiffenis is nie onvoorwaardelik, soos die dwaalleer van sommige dit wil voorhou nie. Die genade van vergiffenis gaan onlosmaaklik gepaard met die Goddelike verwagting dat daar van die sonde afgesien sal word, soos ook duidelik blyk uit juis uit die Woord waar die HERE met die owerspelige vrou, deel – sien weer Johannes 8:11.
Hierdie kwalifikasie van die HERE se vergiffenis - gaan heen en moenie meer sondig nie – is inderdaad ’n kwalifikasie aan die Genadegeskenk van die gepaardgaande vergiffenis. Dus, die vergiffenis gaan dus gepaard met die opdrag, die Goddelike verwagting - moenie meer sondig nie. Hieroor waarsku die HERE baie ernstig, soos uit Johannes 5:14 duidelik blyk, want die gevolge daarvan om die vergiffenis te ontvang maar die Goddelike verwagting van toegewydheid wat daarmee gepaard gaan, te verwerp, het baie ernstige gevolge, welke die HERE in besonderhede uitdruklik verduidelik met verwysing na die proses in Lukas 11:23-28.
Die vergiffenis van die HERE maak die sielshuis skoon - blink uitgevee - maar as die reinheid wat deur die Goddelike vergiffenis bewerkstellig word, nie opgevolg word met die opregte begeerte uit die wedergeboorte (Johannes 1:12-13) en verbintenis tot die aflegging van daardie sonde in en deur die Krag van die Woord, die HERE, nie, sal daardie leemte weer gevul word met ergernis en kwaad wat veelvuldig erger is as die vorige.
Dus, vergiffenis sit nie die stempel van goedkeuring op sondige gedrag en opset, nie, maar skep die Goddelike verwagting dat die sondaar opreg daarvan sal afsien.
Ek dit is wat mense soos Cornelius en sy Sondaar-kohorte nie meer wil verstaan, nie, omdat hulle nie meer kan verstaan, nie, omdat hulle, weens misbruik van die Genade van vergiffenis sonder die begeerte en verbintenis om die sonde waarvoor vergiffenis ontvang is, af te lê, aan hulle eie sondige en aaklige begeertes oorgegee is, soos die Woord baie uitdruklik verduidelik in Romeine 1:24.
Dus, die mens wat in sy sonde volhard met die idee dat hy homself net van tyd tot tyd gou met ’n vergiffenis kan ‘skoon was’ om weer en weer te kan aangaan, maak ’n dodelike oordeelsfout. So ’n persoon word dan mettertyd nie meer vergewe nie, maar word tot die teendeel, aan sy sondigheid oorgegee en raak dan al vêrder en vêrder van God verwyder, totdat God sy ‘gebede’ nie meer wil aanhoor/ verhoor, nie - daaroor waarsku die Woord báie ernstig (Klaagliedere 3:42-45).
En ’n sprekende voorbeeld daarvan is juis Cornelius, wat omtrent elke keer sy siedende aanvalle op ware gelowiges afsluit met ’n versoek tot vergiffenis, net om die volgende keer weer erger aan te gaan as die vorige keer. Die lastering en misbruik van die Heiligheid van God en SY Naam, gaan eksponensieel van erger na nog erger by Cornelius. Iemand soos ek, wat nou al vir jare sien hoe hy manifesteer en die vergiffenis van die HERE keer op keer onopreg afvra, net om weer erger as die vorige keer te kere te gaan, sien hoe hy gaandeweg verword het tot iemand wat omtrent nie meer ’n enkele keer kan skrywe sonder om sy inherente hatigheid en sy leuenagtigheid te laat manifesteer, nie, en hoe hy nou al openlik en skromeloos die Persoon en Naam van die HERE probeer onteer om dit aan sy eie gruwels te probeer koppel. Hy is só erg, dat hy selfs die onvergeeflike lastering pleeg deur die Heilige Gees te probeer misbruik teen ware gelowiges wat die Woord getrou en opreg bring, so asof húlle vyande van die Heilige Gees sou wees! Mens sien dit veral in sy talle gereelde, spontane, ongevraagde en onvanpaste siedende hatige en nydige manifestasies teenoor ware gelowiges wie ’n ware verbintenis met God en SY Woord en Heilige Gees, het – en daardie botsing is juis weens die botsing van die krioelende afvallige geeste wat in Cornelius is met die Heilige Gees van God Wie in die ware gelowiges is (1 Korinthiërs 6:19).
En so is Cornelius, in sy spirituele nuttelose toestand, weer vir ons nuttig as die voorbeeld van spirituele verwording en ’n demonstrasie van hoe die realiteit van die Woord se waarskuwings, in die afvallige mens manifesteer. Hy is inderdaad ook nie alleen in die demonstrasie, nie, en hy bevind hom, wat dit aanbetref, by sy agnostiese sielsgenote.
Laat mens nie ligte werk probeer maak van vergiffenis, nie. Vergiffenis is voorwaar Genade en mag nie misbruik word, nie. Vergiffenis bring daarmee saam die Goddelike verwagting dat die vergewe mens, die skoon sielshuis, die skoon geleentheid, sal gebruik om die ruimte daarvan te vul, met ’n opregte hunkering na ’n heilige lewe saam met die Drie-enige God -
”23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.” - Johannes 14.
Dít is die Liefde. Ware Liefde kweek gehoorsaamheid, nie wederstrewigheid, nie.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus... wanneer gaan vra jy eendag vir Adele Den Dulk om vergifnis na jou oneervolle en geldgierige uitbuiting van haar weerloosheid?... soos daar geskrywe staan: Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen (Deut 27:19)... en soos daar geskrywe staan: As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat iemand iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met die persoon, en kom dan en bring jou gawe (Matteus 5:23-24 ERV en NLT)... Ja Kobus, mag Jesus Christus onse HERE jou verlos van jou duistere intellektualisme en ingewikkelde spirituele drogma... mag Jesus Christus onse HERE self die eenvoud van vergifnis in jou hart bewerk... jou amigo in Adam... Cornelius.
Die aanklag wat jy teen my hou, is nie die ware klagte gewees nie, Cornelius, maar jou eie kwaadwillige aanklag teenoor my, waar jy die situasie ook maar verdraai om jou eie versinsels te pas omdat jy ’n persoonlike vendetta teenoor my het – as jy dit dan met die Woord doen, soos jy al uitgewys is te gedoen het, hoeveel te meer nie met ander dinge sodat dit jou pas, nie?
Jy weet mos dat jou opgesmukte ‘aanklag’ teen my, (oor iets wat jou glad nie aangaan nie, terloops) ’n leuen is. Gierig was ek nie en is ook nie nou, nie en as jy wil voorgee dit is gierig is vir ’n prokureur om geld te vra vir sy dienste en wat hy dan neem met nogal die skriftelike toestemming van sy kliënt, dan is jy verkeerd en kwaadwillig. Dit wat ek wel verkeerd gedoen het - om die hofbevel nie te gehoorsaam nie, al was dit ter wille van my kliënt - is ek voor gestraf, want dit wás verkeerd van my.
Die saak is afgehandel – God is regverdig.
Maar kom ons kyk na jóú situasie - Mens soek vergiffenis vir iets wat jy werklik verkeerd gedoen het – dus, as iemand, soos jy, ’n valse klag inbring, soos byvoorbeeld dat jy nie valse getuienis teen jou naaste (ek is jou naaste) mag inbring, soos jy met my doen, nie (Eksodus 20:16; Mattheus 19:18) dán moet daar vergiffenis gevra word en is dit inderdaad jý wat vergiffenis moet vra omdat jy valse getuienis teenoor my probeer inbring en jy moet vergiffenis vra, nie teenoor my nie, maar teenoor God (1 Johannes 1:8-10) en daarna jou vergiffenis wat jy vra en bely het, gaan uitleef teenoor die een wat jy te nagekom het met jou valse getuienis - in hierdie geval, ek. Maar ons sien jou dit uiteraard nie doen, nie.
Só het jy nie net teenoor my valse getuienis oor Adele den Dulk ingebring nie, maar ook op spirituele vlak talle valse aanklagte teenoor my gemaak, asook teenoor my mede ware gelowiges wie op hierdie forum getuig en het jy dus baie waarvoor jy in opregtheid en verootmoediging voor God vergiffenis moet vra.
En só is dit jý met die balk in die oog, wat obsessief soek na die splinter in my en my ander mede-gelowiges se oog (Mattheus 7:3-4)
Maar ek, het niks wat ek teen jou hou nie, ook nie jou valse getuienis teen my, nie omdat ek jou dit maar telkens vergewe. Ook nie teen Adel den Dulk of teen enigiemand anders, nie – daarom het ek inderdaad niks meer om reg te stel, wat nie alreeds reggestel is, nie.
Mattheus 5:23 handel juis met só ’n situasie. Die reinheid van mens se eie offergawe (gebed) is nie afhangend van die goedgunstigheid en vergiffenis van ’n ander mens, nie, want mense is hardvogtig – soos jy, dalk? Dit gaan daaroor dat die mens nie van sy eie hart ’n moordkuil moet maak en dan God se vergiffenis vir homself moet afvra met sy offerande nie. Die offerande by die altaar is nie aan die ander persoon te offer nie, maar aan God. Dus, dit is ’n tweesnydende swaard, want wat mens aan sy broeder doen, doen hy ook aan God (Mattheus 25:40, 45). Daarom moet mens die saak voor God regstel as hy sy naaste te nagekom het en ook en waar hy self te nagekom is, moet hy onverwyld vergiffenis toestaan en dit selfs doen sónder dat hy daarvoor gevra, word (Mattheus 6:12-15). Die vergiffenis van jouself hang dus af van hoe bereid jy self is om vergiffenis toe te staan aan ander wat jou te nakom – sien weer Mattheus 6:12-15.
Kobus de Klerk
Nou ja toe ou Kobus...
Jy tik: Jy [Cornelius] weet mos dat jou opgesmukte ‘aanklag’ teen my [Kobus de Klerk], (oor iets wat jou glad nie aangaan nie, terloops) ’n leuen is. Gierig was ek nie en is ook nie nou, nie en as jy wil voorgee dit is gierig is vir ’n prokureur om geld te vra vir sy dienste en wat hy dan neem met nogal die skriftelike toestemming van sy kliënt, dan is jy verkeerd en kwaadwillig. Dit wat ek wel verkeerd gedoen het - om die hofbevel nie te gehoorsaam nie, al was dit ter wille van my kliënt - is ek voor gestraf, want dit wás verkeerd van my.
Siestog ou Kobus, dat jy nou sou erg gestraf moes word net omdat jy nie 'n hofbevel gehoorsaam het nie... kanse is natuurlik honderd persent dat die naïwelinge om jou glo dat jy nie eens geweet het van die bevel nie... maar nou ja, sommige van ons was al in die binnekant van 'n hof en het darem so naastenby 'n idee oor hoe die proses daar verloop... voor jy nou heeltemal op loop gaan met jou geskubde spirituele intelligensie en fenomenale talent om opsetlik die waarheid skeef te trek deur voor te gee dat ek nou kwansuis 'n probleem met iemand se professionele fooie het; verduidelik jy net eers 'n bietjie vir jou nalopers oor hoekom en waaroor was daar 'n hofbevel in die eerste plek wat jy so 'onskuldig' geminag het!
Jou amigo in Adam,
Cornelius
(...en o ja ou Kobus - terloops - jou dwaling is mos op publieke rekord... en ek is mos publiek... is ek nie?)
Korrek, ja, Cornelius, wat met my gebeur het is wel op publieke rekord, daarom dat mense al gesien het hoe kwelsugtig, kwaadwillig en leuenagtig jy is – maar diegene wat jou ken, veronderstel dit al by jou.
Ook insiggewend hoe minagtend jy na die waardigheid van ’n hofbevel verwys – dink jy ’n regter neem geliewe daarmee as sy hofbevel verontagsaam word? Ek kan uit eie ervaring vir jou sê dat dit in ’n baie ernstige lig beskou, word. Hofbevel moet eerbiedig word, veral deur prokureurs. Daarom het ek nog nooit my daaromtrent probeer verontskuldig nie. Jou stertjies wat jy terwille van sensasie en kwaadwilligheid wil bylas, is walglik.
Maar jou minagtende houding teenoor die status van ’n hofbevel, dui daarop dat jy niks beter is as ek nie, Cornelius, inteendeel – vir my was dit bitter moeilik onder die omstandighede om die besluit te neem om steeds voort te gaan nadat ek van die hofbevel teen my kliënt bewus geword het. Jy daarenteen, maak sommer ligte werk van ’n hofbevel te oordeel aan jou aanmerking, maar dit is soos ons jou ken – jy onderwerp jou nie eens aan God se gesag en SY Woord, nie.
Maar jy weet niks van die saak nie, Kerneels ... en boonop is jou opinie, van geen waarde, integriteit of nut, nie.
Daar is ander mense, met integriteit en kennis, waarvan jy oor geeneen beskik nie, wat ook kommentaar gelewer het.
Daarom is jou 'opinie', kwelsugtig en integriteitloos soos dit is, blote kaf in die wind.
Kobus de Klerk
Jy is publiek, ja, maar wat jy daarna doen, is jou verantwoordelikheid ... en dit is waar die probleem vir jou inkom.
Ter aansluiting by die collage van waansin van Cornelius (deel1; deel 2; deel 3; deel 4; deel 5; deel 6), die een wat homself op hierdie forum so geredelik ongevraagd by enige ordentlike gesprek inwurm en dan met groot hatigheid en nydigheid lostrek met persoonlike aanvalle wat niks te doene het met die gespreksonderwerp nie, op almal wat hom nie aanstaan nie – dit is nou, ware gelowige mense. Vryelik swaai hy die ekskresie wat by sy mond uitpeul, dan oral rond. Die feit dat hy nie feite het waarop hy sy kwaadwillige gemors kan baseer nie, skrik hom nie af nie, want hy maak hy dit sommer op.
Hy laat my dink aan die wrede outjie met die stomp vingertjie waarmee hy in almal se rigting beskuldigend en aanvallend beduie, maar wat nie besef dat al die ander, die langste vingers aan dieselfde hand, na hom terugwys, nie.
Ek gaan nie stories opmaak of vererger oor Cornelius, nie. As daar nie feite was om te noem, nie, bly mens stil – jy fabriseer nie dinge soos wat hy graag doen nie. Maar hoe lyk sy eie rekord? Ek gaan net perspektief gee aan dié kwaadstoker en leuenaar sodat mense moet weet met wat hulle hier te make, het – en ek gaan sy eie woorde gebruik, nie my eie versin, soos wat hy maak, nie. Hy versin goed, want hy het nie feite om op te steun, nie.
Ek sal nie soos hy maak, nie. Ek sal die feite weergee, soos met die collage van waansin wat handel oor sy waansinnige spirituele en religieuse lastering, dus, soos hy hulle self omtrent homself by geleentheid in ’n waansinnige gespog met homself, aangebied, het.
Die rekord van sy gruwelik bravade is ’n tweeledige brief getiteld “Die dag toe ek 'n bakkievrag tuiswagte in hulle moer geskiet het” wat hy in 2008 geskrywe het.
“Aan die buitekant van die dubbel-tienvoet-doringdraadheining om Oshakati was die sogenaamde tuiswagte ontplooi. Dit was locals wat met R1-gewere deur die SAW uitgereik is. Hulle sports was om gesuip te raak en dan teiken op ons (kanon)torings te skiet … Met ons wyn klaar en "Snowdrops en Daffodils" se neurie nog in die lug, besluit die tuiswagte skielik dis tyd vir hul sports. Tracers wat deur die nag se donker in strepe fluit en die gerat-rat van gewere op A, breek die nag se stilte. Die volgende oomblik brand ons toring soos kers. Hoog de moer in en tussen al die strepe van tracers om ons klim ons boontoe om die brand te blus. Ek hoor hoe die bliksems lag en strip net daar finaal. Ons gryp die seile van die kanon af, gooi die gun op A vir army, kry bakkie vol tuiswagte in die visier, trap die pedal en die 35mm dubbelloop Oerlikon begin te blaf. Dis net headlights en taillights wat spat waar jy kyk … Ons besluit eenparig dat die bliksems duidelik sigbaar met 81mm Stalin-orrel in ons teikengebied was. Daar was nie tyd om te radio nie, net skiet. So staan dit vandag in die annale - Stalin-orrel in die teikengebied, niks tyd om te radio nie, net skiet. Die volgende dag was daar nie teken van die bakkie of sy insittendes nie. Die locals begrawe glo onmiddellik in die warm en bedompige noorde van Suidwes.”
“Naby aan ons drie maande verby besef ons toe op ’n dag dat ons kat baie eensaam gaan wees wanneer ons terug gaan States toe. Ek stel voor dat ons hom maar uit sy moontlike verlange moet verlos en stuur tracer bo by sy kop in reg voor my voete. Dit was een van ek en Hemming se grootste skrikke. Oë toe en met tande wat wys storm hy op sy agterpote al sissende in my rigting. Agt skote later rus die ou eers!”
“Met die adrenalien wat so ’n bietjie gesak het, besluit Hemming hy wil vir my wys hoe ver hy kan raakskiet met die R1-swaarloop bo van die toring af. Ek staan op die grond. ’n Ama-bok-bok staan en wei sowat ’n honderd meter weg bo in ’n doringboom in die rigting van Oshakati se huise. Met die swaarloop op A vir army en oog teen die teleskoop, trek ou Hemming los. Dit was net takke wat waai. Die weiende bok se onderkaak skoon weggeskiet! Toe die bok val, storm ek met ’n dixie-mes in die hand agterna om die bok te dood. Intussen het Hemming op die toring herlaai en saai die koeëls in die vlugtende bok se rigting. Ongelukkig tref hy die hond noodlottig kort agter my. Dit was net een tjank en ’n stofwolk toe ek omkyk. ’n Draai na links en ’n swenk na regs en ek het die bok plat.”
“Week terug in die States en ek verloor my eerste job. My bestuurder in die invorderingsafdeling van die Barclay Kaart-afdeling in Pritchardstraat het glo onseker gevoel oor "die trek in my oë". Sy naam was Craig en hy was groot, vet, erg oorgewig Jood.”
Trek in Cornelius se oë… was die refleksie van waansin daarin só erg dat hy sy werk daaroor verloor? Maar toe ek die nuutste foto van Kerneels sien – die glimlag is daar, maar die kil, steurende uitdrukking in die oë weerspreek die glimlag, wat hy deesdae by sy naam hier plak, herinner die uitdrukking in daardie oë my toe weer aan dié petalje en die inhoud van hierdie siek brief van Cornelius en toe weet ek … ‘vet, erg oorgewig Jood’ Craig het straks tóg gemeen dit is wys om eerder proaktief as reaktief met Kerneels te werk te gaan.
Die verhaling van die bakkie met die tuiswagte – mense- wat summier afgemaai is, kom natuurlik neer op die ergste graad van oorlogsmisdadigheid. Hoekom is hy nie vervolg daaroor nie? Want op sy eie weergawe het hy die militêre owerhede bedrieg met ’n vals rapport oor die voorval. Hoekom ’n vals verklaring? Want hy was terdeë bewus van die ongeoorloofde en misdadige aard van sy optrede en dat hy geen verweer had vir die massamoord op die bakkie se insittendes, nie – dit was veral nie selfverdediging nie, want op sy eie weergawe was hulle nie in die kanontoring toe die wagte teiken geskiet het daarop, nie. Dus, sy lewe was glad nie in gevaar, nie. Maar sy waansinnige en moorddadige reaksie, spreek vir sigself.
Só, hy het daarmee weggekom … of het hy? God sien alles …
Aanvanklik het ek, soos dit my natuur is, hom jammer gekry en gemeen dat hy onder militêre omstandighede op die ingewing van die oomblik verkeerd opgetree het. Maar by verdere nadenke, besef ek, dat hy sedert 1981, toe hy die gruwels gepleeg het, totdat hy dit in 2008 weer met soveel smaak en beskrywende byvoeglike naamwoorde herhaal het – ongevraagd – vir almal om te lees, dus oor die bestek van 27 jaar, in al daardie jare nie die geringste besef van die verkeerdheid van wat hy gedoen het, kon ontwikkel nie, berou kon toon, nie, amper soos ’n waansinnige psigopaat en vertel hy dit steeds asof dit die plaaslike opwindende sportgeleentheid is wat hy oorvertel.
Om sy wreedaardige persoonlikheid verder te illustreer, vertel hy met ewe veel smaak hoe hy die troetelkat (hy verwys na ‘ons kat’), wat in die eerste plek na hom gekom het vir versorging en koestering, eenvoudig op die wreedaardigste manier koelbloedig met sy militêre geweer afgemaai, het. Óók, weereens absoluut géén berou of besef van kwaad, nie. Hierby sluit ook die weersinwekkende storie oor die gekweste bok, aan. Of die manier hoe die bok uiteindelik tot sy einde gekom het, waar is, is te betwyfel, want ons almal wat al gejag het en ’n bok gekwes het, weet, dat jy nie só ’n bok eiehandig gaan vasgegryp kry nie, want ’n af kakebeen is nie dodelik nie en hulle hardloop baie vinnig en baie vêr van jou af, weg (insiggewend ook dat hy nie die soort van die bok vermeld, nie). Dus, dié gekweste bok storie is waarskynlik ’n groteske, maar siek, leuen. En al is dit ’n leuen, is dit weersinwekkend dat iemand so iets wreed en onmenslik uit sy krioelende siel sal wil opdiep om te vertel vir die waarheid en as vermaak. Net ’n siek siel sal soiets doen óf as dit ’n leuen is, dit uitdink.
Nou is dit 2012 … Steeds geen berou, geen besef van verkeerdheid nie, maar sy vinger en sy vuil lasterende tong swaai gedurig rond om ander en selfs vir God, te belaster en valshede oor te verkondig, asof hy ’n siek behae daarin vind …
Dit is wie Kerneels Henn klaarblyklik nou nog, is.
Kobus de Klerk
Nogmaals siestog ou Kobus ... punt bly staan dat jy jouself reeds jare openbaar vir wie en wat jy is ... Adele Den Dulk het seker ook maar nie genoeg spirituele intelligensie gehad nie ... en jou minagting vir die hof? ... nou ja, die regter kon dalk ook nie oor genoeg spirituele intelligensie na jou mening beskik nie ... intussen woed jy voort en verdraai elke mens se bedoelinge met jou besete talent totdat dit jou bedrog pas ... nes jy die verwagtinge van jou kliënt met opset verwring het... en jou aanmoediging uit die regsprofessie?... dit blyk maar half soos slange in dieselfde nes wat die hele regsprofessie se gewete verdag laat... sieso!
Ek moet jou waarsku, Cornelius, dat ten minste een van die 'slange in dieselfde nes wat die hele regsprofessie se gewete verdag laat', soos jy die regspraktisyns ook hierbo met jou onbeheersde tong belaster, ’n baie bekende en gerekende praktiserende prokureur is wie dikwels in die media is... jy sal jou rieme waaragtig binnekort styfloop met jou wispelturige, onbeteuelde en onbewysbare kwelsugtige en kwaadwillige belastering van onskuldige mense ...
Jy moet maar net hoop dat hy/hulle nie hierdie flagrante lastering raaksien nie, want hy/hulle lees gereeld op hierdie forum en is derhalwe ook identifiseerbaar vir die publiek ... of het jy vergeet dat hierdie ’n openbare forum, is?
Ja, jy gaan sekerlik jou rieme geweldig styfloop - jou tyd is naby - want jy is absoluut roekeloos en onverantwoordelik met jou belastering teenoor mense wie jou geen leed of kwaad aangedoen het, nie en wie jy nie eens persoonlik ken, nie - bloot omdat hulle objektiewe, kundige en sinvolle kommentaar ter opheldering van my situasie gelewer het uit die oogpunt van kundiges.
En daarmee word jou roekelose en onbeteuelde haat vir en obsessie met my, ook onverbloem vir algar gedemonstreer.
Niemand is buite God se vergifnis nie. Jesus het gesê 70 maal 7 ons sondig almal keer op keer al wil ons nie soos Paulus sê solank dit 'n wil is om te stry waarmee jy worstel ons almal oorwin nie 'n sonde eenklaps soos sommige mense nie. Party van ons het goed in ons kinderdae deurgemaak waarmee ons worstel wat vir ons 'n probleem geword het en die kerk te treurig en traak nie agtig geraak het om mens te help solank hulle net gered is.