Die Godheid en die afgode

  • 9

Terwyl Chris “Gilgamesh” Dippenaar, behalwe dat hy nou sommer kulturele (wat op aarde het dit nou met Godsdiens te make) evolusie sommer in dieselfde hutspot as Darwinistiese biologiese evolusie wil inboender met ’n enkele bewering, in ’n praatlose stadium verval het waar hy as reaksies net skakels na vorige onsamehangende en irrelevante skrywes van hom plaas, poog Angus darem nog om sy onsinnighede een of ander geloofwaardigheid verleen met nóg demonstrasies van onbegrip.

Maar, só openbaar hulle vir ons ál meer en meer die onsinnige menings waarop hul agnostisiteit gebou word – en kry ons die geleentheid om dit vir hulle in die korrekte perspektief te plaas. Kortom, ek verwelkom dat hulle standpunte en menings aan die lig moet kom, sodat daarmee gedeel kan word.

Dus, soos die ou gesegde op Ingels lui – bring it on, stupid boys!

Angus sê uit onkunde dat hy meen ek sal saamstem dat die Griekse gode die skepping van die menslike verbeelding was en dat dié ook rekenskap van mense sou eis – en daarmee wil Angus voorgee dat God óók ’n skepping van die verbeelding, is. Dit is natuurlik nie korrek nie. As Angus die Godsdienstige ontwikkeling (alhoewel hy seker eerder daarna sal wil verwys as Godsdienstige evolusie) begryp het, sou hy nie sommer só ’n lukrake onjuiste stelling maak nie.

Die ontwikkeling van Godsdiens is as volg:

Godsdiens is die “gereedskap”, die werkswyse, die formaat, waarop die mens die Godheid qua mens kan ervaar en beleef, net soos die motorkar die wyse is waarop die mens die roumateriaal van die natuur kan benut – God Self staan dus geheel onafhanklik van die menslike pogings tot diens aan Hom deur middel van Godsdiens. Die doel van Godsdiens is dus om tot God te kan nader.

Eerstens, wat empiriese, beskikbare data aanbetref, word dit dikwels deur Godsdienstige antagoniste buite rekening gelaat dat alle religieë hul antieke oorsprong in die ware Godsdiens had. Só ook met die antieke Grieke en Romeine en Sumeriërs en wat ook al. Na die sondvloed, het slegs (wat mense aanbetref) dienaars van God oorgebly. Hulle was die afstammelinge van Noag en sy seuns, baie lank voor die vestiging van die Joodse volk, die Israeliete.

Die mense het na die vloed verspreid geraak, maar toe weer met tyd saamgegroepeer. Die enigste bekende God aan hulle, was juis die ware God. Maar weens gebrek aan toewyding, het daar sektes ontstaan, deurdat menslike gebruike en tradisies verstrengel geraak het met ware Godsdienstige dogma en praktyke van die tyd.  Algaande het daar leemtes ontstaan in die religieuse mondering van antieke volke, waar mites oor afgode en aanverwante praktyke geskep is, om daardie leemtes te vul. Daarna het die groot verwarring by Babel ontstaan, en mense is nog meer versprei, en die tendens van religie skepping rondom die vervagende kennis van die ware God en die aanverwante religieuse praktyke, het meegaande toegeneem en in hierdie verband staan juis die Sumeriërs (let op, Gilgamesh!), die Egiptenare, Grieke en die Romeine, uit. Hulle is almal afsplinter religieë van wat eens 'n ware Godsdiens van hul antieke voorouers, was.

Vandaar die panteon van afgode en religieuse praktyke, met daar iewers tussenin, verwysings na die ware God, iewers as ’n Opperwese van een of ander beskrywing,  in al die religieë oor die ander gode, maar duidelik het mense alle belangrike direkte Een-tot-een kontak met God verloor, en het hulle al meer toegespits op die leemte-vullende afgode, deur hulle self gemaak. Hierdie afgode moes instaan vir wat hulle geweet het, die ware God voor bekend is en vandaar die deïteite-hoedanighede aan afgode toegeken, wat hulle van die ware Godheid, afgewentel het. Só is afgode gebou op onvolledige kennis basis van die ware God.

Alle religieë soos ons dit dus kan opspoor, het hul oorsprong in die ware Godsdiens, en nie andersom nie. Daarom, die afgode van dié antieke volke was pogings om die ware God daarmee te simboliseer, deur aan dié gode ware Goddelike hoedanighede gebaseer op kennis van vervloë dae, te probeer toeken. Vandáár  die ware Goddelike kenmerke aan afgode, naamlik boetedoening en verantwoording van skepsels – wat ook aan Griekse afgode gekoppel word – kenmerke van die ware God en nié ’n skepping van die verbeelding nie – die afgod is mensemaaksel, maar die hoedanighede, basies van Goddelike oorsprong.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 9

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus, jou einste dwaling staan duidelik in jou gereelde verwysing na die Bybel as "die Woord". Jou onjuiste opvatting is ontwerp op Johannes 1:1  "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God." Jy bemagtig jy jouself teen die wêreld deur jou gunsteling vertaling so te verafgod.

    Jy is geroep as getuie vir Jesus Christus ons GOD, maar jy volhard steeds daarin om jou gekneusde ego met selfverheerliking te wreek. Jou intellektualisme van die Evangelie en jou neerhalende veroordeling van ander harte in GOD, het jou ook al deeglik ingehaal Kobus. Menigmaal het jy jouself laat geld met: “Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17).” Jesus Christus is die WOORD - die WOORD is GOD. Bybel aanbidders soos jy dwaal gewoon in farisese en skrifgeleerde egotistiese waan.

  • Nee, Kobus, jy verdraai gerieflikheidshalwe selfs dit wat jy self gesê het. Jy het beweer, en ek haal aan: “Agnostici maak soms die onsinnige en lasterlike bewering (uit onkunde en onbegrip) dat God die skepsel is van die mens se verbeelding.

     In die eerste plek blyk die onsinnigheid daaruit dat as dit só sou wees, sou die mens ’n god formeer wat die mens behaag en nie andersom nie. Dit sou ook ’n god wees wat geen rekenskap eis van die mens nie. Maar nou ja, só ’n bewering kan maar net van agnostici kom want hulle kan werklik nie emosioneel logies dink nie en omdat hulle juis die slagoffer is van ’n leuen (wat hulle laat twyfel in die bestaan van God), maak nóg ’n leuen (dat God die skepping is van die mens) dan mos vir hulle nie saak nie, want die ware God verg dat die mens Hóm behaag en verg juis verantwoording van Sy skepsels.”

    Laat ek jou eie woorde aan jou verduidelik. Jy sê dat, indien die mens 'n god sou skep, dan sal daardie god die mens behaag.

    Ek gee aan jou 'n voorbeeld van mensgeskepte gode (Zeus en gode op Olimpus) en hierdie mensgemaakte gode behaag nie die mens nie.
    Hiermee gee ek nie voor dat God 'n mensgemaakte god is nie, hoe werk jou verstand? Hiermee gee ek voor dat jy verkeerd is: mensgemaakte gode behaag nie noodwendig die mens nie. Daarmee verval jou “bewys” dat God van die Bybel nie 'n mensgemaakte god is nie.

    Ek weet hierdie logika is 'n bietjie bokant jou vuurmaakplek omdat jy nog te onvolwasse en ongeletterd is, maar probeer verstaan. 

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Vind gerus iets anders om vir my te skryf – jy het nie ’n idee wie die HERE werklik is nie en daarom vir jouself sommer een saamgeflans. Jy weet ook nie wat Johannes 1:1-5, byvoorbeeld beteken nie en ook dit is ooglopend. Jou eintlike agnostisiteit, wat jy onder die mantel van religiositeit probeer verskans, is lànkal ontbloot – niemand neem jou ernstig op nie – niemand kàn jou ernstig opneem nie. Ek ook nie. Probleem is dat jy jouself gedurig mislei met jou nonsens, nes die agnostici dit maar met hulle gunsteling nonsens doen. Ook dít is al vir jou telkens uitgewys deur verskeie persone.

    Intussen, kan jy gerus moeite doen om uit te vind wie die HERE werklik is. Probeer – Hy sal jou sekerlik nie verjaag nie.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Angus,  

    Toemaar, jy praat jouself al weer deurmekaar. 

    Jou presiese woorde was “ek is seker jy sal met my saamstem dat die Griekse gode saam met Zeus op die berg Olimpus die skepping van menslike verbeelding was ” 

    Jy het al weer die draad van die storie verloor – jou aanvanklike punt was juis dat, by analogie, God ook ’n maaksel is van menslike verbeelding, soos jy beweer, die antieke Griekse gode, was  - ’n produk van die verbeelding. Ek maak die teenstelling en sê dat, as dit só was, sou die mens dan vir homself ’n godheid maak wat hom as mens sal behaag – dit is logies – die mens sal nie doelbewus teen homself ageer nie. Dus, wat ek vir jou sê is, alhoewel die antieke Griekse gode deur mensehande gemaak is in die materiële voorkoms daarvan, is dit nie so met die basiese hoedanighede (sommige deur jou self genoem – hoewel God nie wreed is nie) wat hulle aan dié gode sou toeken in hul mitologie nie, want dààrdie hoedanighede is nie uit verbeelding nie, maar het gekom deur oorlewering van voorouers wie wél die Lewende God gedien het.
     
    Ek wys jou daarop dat die Griekse gode mensgemaakte goed is, maar waaraan lewende, Goddelike hoedanighede gepoog toegeken te wees. Dus, die ‘optrede’ en ‘interaksie’ wat dié drekgode kwansuis sou hê in die mitologie, is juis nié mensgemaak nie, maar oorgelewerde hoedanighede vanaf voorouers wie wél vir God gedien het, met ’n paar mense hoedanighede daarby, natuurlik. Dus, die beeld self is mensgemaak, maar die hoedanighede is aan die beeld toegeken, sommige daarvan komende van die ware Godheid.  

    Ek sal ’n meer volledige brief hieroor skrywe.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Lees asseblief jou eie opskrif.  

    Die onderwerp wat jy gekies het is die "Godheid en afgode".  

    Om my persoonlik in my uitwys van jou afgodery te probeer neerhaal, gaan nie werk nie.  

    Jy sien, ons ry nou op ’n nuwe trein met CCTV in elke wa om die bliksem wat aan ander se gatte vryf, te bekyk.  

    Nou ja, terug tot die punt; jy verafgod jou Bybel in presies dieselfde redeverband wat jy afgodery hierbo aan ander probeer hang.  

    Deur na jou Bybel as "die Woord" te verwys en in dieselfde asem "in die begin was die Woord en die Woord is GOD" te blaas, veronderstel jy jou Bybel - GOD te wees.    
    Deur jouself as besonder begaafd in jou intellektualisme van die Bybel aan ander te veronderstel, veronderstel jy jouself GOD in pag te hou.

    Wat ’n waan!

    Maar hier staan dit duidelik nou aan jou eie vuil lokomotief gehak.

    Groete,
    Ekke

  • Chris Dippenaar

    Hierdie brief van jou moet sekerlik tel as een van jou swakste. Die enigste interesante vraag wat opkom by my is of wat uiteengesit is deur jou hierbo stukkie vir stukkie ?f alles gelyk op een slag uit jou gat getrek is. Gaan lees weer die storie/mite van die toring van Babel. Die verwarring is nie hierdie:"Maar weens gebrek aan toewyding, het daar sektes ontstaan, deurdat menslike gebruike en tradisies verstrengel geraak het met ware Godsdienstige dogma en praktyke van die tyd." Op hierdie stadium is daar bitter min wat ons kan weet van die "ware Godsdiens" wat jy van praat. Ons weet ook nie so veel van (God)Jehovah as wat ons graag sou wou nie, of wat hom anders maak as enige van die ander gode van die typperk nie. Met mense wat 'n toring bou lyk dit asof hy vrees dat sy gesag ondermyn kan word:

    "6And Jehovah said, Behold, they are one people, and they have all one language; and this is what they begin to do: and now nothing will be withholden from them, which they purpose to do."(Gen.11)

    Hierdie herinner sterk aan die rede hoekom mense uit die paradys gewerp is: Vrees dat hulle sal eet van die boom van die lewe:

    "22And Jehovah God said, Behold, the man is become as one of us, to know good and evil; and now, lest he put forth his hand, and take also of the tree of life, and eat, and live for ever- 23therefore Jehovah God sent him forth from the garden of Eden, to till the ground from whence he was taken."(Gen.4)

    Die volgende twee stellings wat min of meer dieselfde s? is 'n totale grap:

    "Alle religie? soos ons dit dus kan opspoor, het hul oorsprong in die ware Godsdiens, en nie andersom nie"

    "Dus, die beeld self is mensgemaak, maar die hoedanighede is aan die beeld toegeken, sommige daarvan komende van die ware Godheid."

    Daar is duisende boeke geskryf en dekades se navorsing gedoen deur duisende mense oor die mitologie van die antieke w?reld. Kobus de Klerk gaan in sy volgende brief vir ons vertel hoe dit eintlik werk! Ek kan regtig nie besluit of jy een van die domste mense is wat ek al mee kennis gemaak het of die mees oneerlike Christen. 'n Christen wat bereid is om alles, rede, die waarheid wat selfs die Bybel insluit, en gewone ordentlikheid, te verkrag om sy opinie te laat wen.

    As hierdie blad uitgedruk word en versprei word onder Christene sal daar heelwat wees waarmee hulle nie saamstem nie, maar wat hulle almal mee sal saamstem is dat jy hulle geloof onsaglike skade aanrig. Jy behoort jou kop op hierdie stadium in skaamte te laat hang, maar ons weet jy sal dit nooit doen nie, daarvoor is jy heeltemal te trots. Ek het geweet, reg van die begin af, dat daar onder die heiligheid wat jy vir ons voorhou 'n haatdraende en kwaadwillege persoon skuil en dat met 'n bietjie koggel en krap hy sal kop uitsteek. Jy het jouself hierdie keer oortref.

     

     

     

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Nee, soos gewoonlik is onbegrip met jou poging sinoniem.

    Jou persoonlike "uitwysing", soos jy dit noem, het slegs ten doel om te wys dat jy glad nie weet waarvan jy praat nie, en dat jou siening van wat en waarom ek dinge doen en sê, so verdag is dat geeneen hom daaraan kan of wil steur nie, weens jou eie inperkings, geite, vooroordele,  gemaksones, psigiese “kompleksiteite” (soos jy dit self noem), kwellings, obsessies en onvermoëns, waarvan daar ook maar legio is – die probleem daarmee is dat jy skynbaar niks daaraan wil doen nie, maar dit vertroetel asof dit so hoort. Normaalweg sal mense werk aan die goed wat hul kniehalter, om dit te verwerk of af te skud, maar jy hang hulle om jou nek soos albatros-halssnoere – if you can’t beat ‘em, join ‘em, eh?

    Maar, kom ons raak die punt aan. Daar is al meer as genoeg oor jou gesê. Jy is nie waaroor dit gaan nie. Ek ook nie.

    Dit gaan oor God en Sy Woord.

    Dit is nie die fisiese boek, die Bybel, wat God is nie, maar dit is die Woord daarin opgeteken, deur en in die Heilige Gees van God, wat saak maak.

    Daarom is daar by my nie sprake van afgodery by die Bybel nie, maar die ingegewe teenwoordigheid van God Self, deur Sy Seun (die Woord) en Sy Heilige Gees in die Woord wat in die Bybelboek opgeteken staan, komende van God, die HERE Jesus Self, vir Wie ek as God verkondig, want  HY IS GOD.

    So, nie afgodery nie, maar direk God-aanbidding in en deur Sy opgetekende Woord – aanbidding van die HERE van die opgetekende Bybelwoord. Dit is dus nie soseer die letters en woorde wat in die Bybelboek staan in welke taal ook al vertaal nie, maar die HERE Jesus Christus deur die Heilige Gees van God Self, Wie dit vergesel en verpersoonlik, Wie ek aanbid en verkondig.

    Maar dit werk klaarblyklik nie vir jou so nie, vir jou is dit net gewone woorde in nog ’n boek… want jy het mos duidelik geen verhouding met die HERE van die Bybelwoord nie, vandaar jou gemaklike strieming daarvan met verwysing na allerlei irrelevante ander boeke, selfs agnostiese boeke en aanhalings soos die van Bertrand Russel en ander afvalliges.

    Dus geniet maar jou CCTV – presies wat dit is – jy sit in jou eie selfgeskepte binnekring vertoning en verlustig jouself in jou eie snert.

    Maar hopelik sal jy betyds walg in jou eie vertoning, voor jy by die ander ateïste eindig – Gilgamesh reken hoeka dit is net ’n kwessie van tyd… en ek dink nie hy is verkeerd nie, want al die tekens is reeds daar, tensy jy self iets daaromtrent gaan doen.

    Kyk jou CCTV. Niemand stel in ieder geval daarin belang nie. Ek baie beslis nie.

    Verskoon maar as ek jou hiernadese sou wou ignoreer - jy het duidelik niks nuuts te sê nie, en oor jou en jou uitlatings is daar ook op hierdie stadium niks nuuts te sê nie.

    Groete,

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk, Jou verafgod aan dit wat in die Bybelboek in woorde opgeteken staan, is geensins anders as die Farise?rs en Skrifgeleerdes se aanbidding van die wette van Moses destyds nie. In plaas van om ons Almagtige Lewende Skepper in jou hart te ken en dien, verafgod jy Sy skeppinge; woorde ... Met jou begrip aan verstaanbare woorde en wette hoon jy jou medemens se onbeskryflike band aan ons Skepper. Dis net in Jesus Christus ons GOD se genade dat ek oor die hel van intellektualisme kan getuig. Op my weg het ek die uitkoms van intellektualisme eerstehands beleef; aan die eenkant toegewyde Sataniste wat nes jy redevoer, en aan die anderkant ate?ste. Dis 'n klug om aan Satanisme as 'n tiener bedwelmd aan 'n ritus iewers in 'n donker kamer te dink. Toegewyde Sataniste is ampsdraers in gereformeerde instansies. Hoekom nie Katoliek nie sou jy vra? Wel, Hollywood beeld met spot die antwoord daarop vir dekades reeds. Vra my as jy wil, dan sal ek 'n volledige brief daaroor plaas ... En Kobus de Klerk; miskien is dit net ekke, maar ek verkies 'n ate?s se twyfel 'n duisendtal meer as 'n geveinsde soos jy se regsinnigheid in my gesig. Ek voer geen keuse nie en hou daarom die spie?l in die liefde en genade van Jesus Christus ons Hemelse Vader aan jou voor. Kyk maar self of jy die balk in jou gesig kan sien ... Behoed ons as jy jou dreigement aan Angus voer om 'n "volledige brief" oor die onderwerp te plaas. Besin Kobus!

  • CorneliusHenn

    Ja Kobus, as jy niks anders as persoonlike belediging oor het vir my of ander wat genadiglik met jou kan verskil nie, swyg dan tog liefs maar ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top