Nataniël in Combat

In die slegte ou 1980’s, toe Afrikaners die muishonde van die wêreld was weens apartheid, was daar troos in die wete: ons is nie almal so nie, want ons het vir Nataniël. Sy aanhangers van regoor die spektrum wys dat Afrikaners nie deur die bank bekrompe, homofobiese rassiste is nie.
Deur die jare het Nataniël se werk net beter geword. Hierdie verfilming van sy onlangse vertoning by Emperor’s Palace is soos om in ’n Nataniël-konsert te sit, net groter en beter. Sy vierman-orkes is uit die boonste rakke, daar is dansers en besonderse beligting en natuurlik uitspattige kostuums. En dan is daar die tipiese Nataniël-stories waarvoor ’n mens nooit moeg raak nie, want tussen die absurditeite en die skaterlagte deur lewer hy fyn kommentaar op die wêreld waarin ons woon en die mense wat ons is.
Hoog aan te beveel!
Let daarop dat die film in die Kaap nog net tot 9 Februarie in uitgesoekte teaters vertoon word.


Kommentaar
Dit lyk FANTASTIES. Well done Nataniel!