Cape Town Fringe Festival: Architecture of Tears

  • 0

The Architecture of Tears: fisiese teater op sy allerbeste

’n Fenomenale produksie deur fenomenale kunstenaars het Hiddingh Hall tydens Cape Town Fringe getref vir net twee optredes. Hierdie fisieseteaterstuk, wat deur Ananda Fuchs gekoreografeer is, word in sokkies en civvies opgevoer en vervoer die gehoor na ’n ander wêreld waar die trane loop – maar op ’n goeie manier.

Grant van Ster en Shaun Oelf van F08 en Thabisa Dinga is elkeen uit eie reg meesterdansers en tesame vorm hulle mekaar en hulle eie liggame vir 40 minute om op ’n eenvoudige dog treffende manier verskillende fasette van trane uit te beeld sonder om sentimenteel te raak. Deur middel van multimedia word die visuele element deel van die gehoor se ervaring.

As een van die bogenoemde se name ooit in ’n produksie se program verskyn, moenie twee keer dink voor jy kaartjies daarvoor koop nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top