C U L8R

  • 1

hier tussen genote
wat elkeen eenhand
stipstarend fokus op selfone
so al asof die kuber
verkies word bo
die wit van die oog
gesimuleerde klanke
bliep boodskappe terug
van die wyewyewêreld
gesprekke vorder haltend
onderbreek deur google
se platgesig hi-def waarhede
soos hulle binêr verkeer
en van die hoof van die tafel
word gewhatsapp tot die oorkant:
gee die sout aan asb

 

Wil jy deelneem aan ons poësie-kompetisie? Kliek hier vir meer informasie.

  • 1

Kommentaar

  • Hettie van Zyl

    Die gedig, “CU L8R“ verskyn in die graad 12’s se digbundel, “Verse in my inboks”. Is hierdie gedig in ’n ander digbundel ook opgeneem?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top