Vanaf straat-slet tot keiserin

  • 13

In antieke tye was die vrou ’n prisonier in die huis van haar man. Sy het basies geen persoonlike regte gehad, wat nie deur haar man toegelaat is nie. Daar was selfs wetlike voorskrifte waarvolgens die lewe van ’n getroude vrou, of vrou steeds in haar ouerhuis gereguleer was.

’n Unieke uitsondering was die “hoer”.  Sy kon kom en gaan na wense.  Kon selfs besigheid en handel dryf, asook eiendom besit, alles wat vir die ander vrouens nie beskore was nie.  Weens hierdie vryheid, kon sy baie leer.  Die hoer oor die algemeen was meer ingelig as ander vrouens, wat haar geselskap vir die kliënt soveel meer bevredigend as sy eie vrou s’n gemaak het.

Heelwat hoere se name en dade is verewig.  Selfs in die Bybel het ons voorbeelde, nl Ragab van Jerigo; Gomer, later vrou van die profeet Hosea, en Maria Magdalena, as voorbeelde.  In die antieke Grieke se gemeenskap was die “haetara” ’n gesiene persoon.

Vir doeleindes van hierdie skrywe, vestig ek my op Theodora, vrou van keiser Justinian I van die Romeinse Ryk, ’n hoer en aktrise vanaf die ouderdom dertien, met kind op die ouderdom 14 tot uiteindelik keiserin van die Romeinse Ryk vanaf die ouderdom 27.

Theodora se pa is oorlede sedert sy 5 jaar oud was.  Die familie het dienooreenkomstig swaar gekry, sy en al haar susters het straat-hoere geword om ’n bestaan te kon maak.

Op die ouderdom 16 ontferm Hecebolus, goewerneur van Libya hom oor haar.  Sy bly by hom 4 jaar, en verduur sy mishandeling van haar, totdat sy besluit om te verkas na Alexandria.  Daar word sy ’n Christen, verlaat die hoerbedryf, en verhuis terug na Konstantinopel, waar sy in ’n huis naby die paleis as wolspinner werk.

Justinian,  toe nog nie keiser nie, sien haar en raak op haar verlief toe sy 22 jaar oud was. Toe hy keiser word, een van sy eerste optredes was om ’n wet te herroep wat aktrise en hoere verbied het om te trou, en trou hy toe kort daarna met haar, en aanvaar haar seun soos die van sy eie.

Sy was ’n sterk vrou, met veel invloed op haar man. As gevolg van haar, is kastrasies om mans eunuchs te maak, in die Ryk verbied.  Die prag Hagia Sophia katedraal is as gevolg van haar toedoen gebou, wat vandag steeds staan en as moskee dien.  Vroueregte is verbreed, om vrouens te dwing om hoere te word is gekriminaliseer. Die doodsvonnis vir verkragting laat instel.  Geskeide vrouens se regte uitgebrei sodat hulle finansieel onafhanklik kon word, eiendom besit, en handel dryf.  As gevolg van haar Christenskap, alle kommersiële bordeels in Konstantinopel laat sluit.

Met die Nika opstand, gelei deur ’n ene Hypateus, wou Justinian voor die gepeupel vlug.  Theodora het geweier om te vlug, en haar man aangehits om die gepeupel aan te val, wat wel gedoen is, en in die proses het 30000 opstandelinge omgekom.  Theodora het daarop aangedring dat Hypateus doodgemaak word.

Voorwaar vanaf straat-slet tot keiserin.

Jaco Fourie

  • 13

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, jou hele bydrae plaas die konteks in die antieke tye toe "hoer", alles behalwe "straat-slet" is, soos jy in jou promiskue en dekadente triomf hier vervalle probeer voorgee ... jou opskrif en afsluiting dien gewoon jou vervelige agenda om alles tot op jou vlak te verkrag ... andersyds, die kennis wat jy hier deel is welbekend en van besondere betekenis in die bepaalde redeverband daarvan ... Cornelius Henn

     

     

  • Goeie storie, komende van ons nimlike ginefoob.  Sy was egter nie 'n straatslet uit vrye keuse nie, maar was as gevolg van lewensomstandighede daarin gedryf.

     

    Sy het haarself egter uit die donkergat van die lewe gelig. 

     

    Kan jy haar nog as 'n slet sien ? 

     

    Raed-na-Gael

  • Raed-na-Gael

    Omtrent alle sekswerkers word deur finansiële omstandighede gedwing om "hoere" te word, min uit vrye keuses.  En ja.  Na haar bekering tot die Christendom was sy beslis nie meer een nie.  In haar geval het sy 'n besonderse sterk persoonlikheid gehad om daarvan te kon wegbreek het, nie vir almal beskore nie.  Bybelse Ragab en Gomer het hoere gebly, Maria Magdalena kon ook wegbreek.

    Neelsie

    Jou voortdurende gesteldheid oor korrekte taalgebruik in hierdie geval "slet" vs "hoer" bevestig wat ek voorheen gesê het dat wanneer oor "maatjies" in die taal gepraat word, word bedoel jong kinders en nie volwassenes nie.  Toe jy van jou gay "maatjies" gepraat het, en weens jou gesteldheid op korrekte taalgebruik, kon ek jou nie wanvoorstel het nie.

    Jaco Fourie

  • Ons Warra Warra Neelsie

    sit alweer sy voet in sy mond alvorens hy enige huiswerk eers gedoen het met die volgende: "Jaco Fourie, jou hele bydrae plaas die konteks in die antieke tye toe "hoer", alles behalwe "straat-slet" is,"

     "In Procopius's Secret History, which current studies believe was written not long after her death in 548, she is a kind of Mrs Machiavelli. He calls her "Theodora-from-the-Brothel", lasciviously details her antics on stage – from allowing geese to peck grain from her lower torso, to dancing naked but for a ribbon – and has her saying she regrets God gave her only three orifices for pleasure.   (Stella Duffy - THE GUARDIAN - 10 June 10)

    Nou as sy nie voorheen 'n slet was nie, dan weet ou Neelsie werklik nie wat slet beteken nie.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, my verwysing na "maatjie", is moffie sleng soos ek dit by my gay-maatjies geleer het -  jy oortuig my egter dat dit 'n BAIE slegte idee is om met gays te assosieer en selfs hul idioom in die openbaar te herhaal - ongeag die pleit van soveel welopgevoede homoseksuele elders wat graag onbevooroordeeld aanvaar wil word - ek hoop daar word oral kennis geneem van die werf se gay-meneer Jaco Fourie, wat soveel weersin namens hulle almal by die straights wek -  Cornelius Henn

     

     

     

  • CorneliusHenn

     

    ... en o ja Jaco Fourie, soos reeds tot vervelens aan jou gestel; jy is 'n verleentheid - jou hele agtergrond as promiskue, dekadente en godslasterlike homoseksueel getuig daarvan - en dis duidelik iets wat geen end gaan kry nie ... die res om jou, bars waarskynlik van trots oor jou fornikasie en gespog daarmee in die openbaar - siestog - jou affronteerdery van enige kuise, maak jou sekerlik ook die knaap om mee te reken in die sedelike insinking en die geselskap om jou ...

     

     

     

  • CorneliusHenn

     

    ... en soos altyd maar met Jaco Fourie; net nog 'n slimjanne wat sy "Spirituele Intelligensie" aka die eerste meester daarin op die werf, Kobus de Klerk, tot algemene taal probeer verhef... nee Jaco Fourie, ek het nie 'n benul wat jy in jou gedagte aan die woord "slet" het nie - die woord "slet" staan ook nie in jou aanhaling hierbo nie, MAAR, hier is die woordeboek verklaring vir enige ander wat daaroor wonder : slet, =te. 1. Sloerie, slons, slordige vroumens. 2. Lae, gemene vroumens; prostituut ... wyl die woord "prostituut" heel gepas sou wees in die sin wat onse gay-knaap Jaco Fourie hierbo verniel, is sy keuse aan die woord "slet", ook nog 'n desperate - dog algemene poging van Jaco Fourie -  om alles tot sy vlak te skend ... selfs die keiserin ook tot sy vlak te ontsier ... eweneens sy desperate verdagmakery van die uwe met sy laakbare veronderstellinge, my nou absoluut oortuig dat Jaco Fourie inderdaad skuldig is aan sy eie gruwelike insinuasies ... en o ja Jaco Fourie, soos reeds tot vervelens aan jou gestel; jy is 'n verleentheid - jou hele agtergrond as promiskue, dekadente en godslasterlike homoseksueel getuig daarvan - en dis duidelik iets wat geen end gaan kry nie ...

     

     

     

  • Neelsie

    Indien enigiemand moffie sleng ken, is dit ek, en "maatjie" is beslis nie moffie sleng nie, maar suiwer Afrikaans wat beteken vriendskap met kinders.

    Don't try and squirm out of this one mate.  Vir 'n sogenaamde "straight" wat selfs erken hy was onlangs in 'n kroeg met 'n ander gay en homself teenoor hom selfbejammer het, en gekerm hy word deur gay's op SêNet geboelie, laat dit vir my beslis verdag voorkom.

    You can fool some of the people some of the time, but not all the  time.

    Jaco Fourie

  • My moer...

     

    "Geese peck from her lower torso" ... hel nê, daar is niks nuut nie.

     

    Ek meen te sê, in die onlangse verlede het ons gehoor van 'n ge-sushi -etery en 'n gesnuiwery vanaf  'lower torso's ! 

     

    En ek het gedag dis heel oorspronklik ! 

     

    Raed-na-Gael

  • Baie interessant Jaco.  Een van my kinders moes 'n Latyntaak doen en die onderwerp was vroueregte gedurende die Romeinse tyd en dis nes jy sê, daar was omtrent nie regte nie.  Dit was lank gelede en dis erg om te dink dat daar vandag steeds kulture is waar vrouens nog minder regte het as in die Romeinse tyd.

  • Raed-na-Gael

    Soos die Bybel se:  "Niks is nuut onder die son nie"

    Jan Rap

    Fundamentalistiese Moeslem vrouens is so deur hulle godsdiens gebreinspoel, hulle soek nie meer regte vir hulself nie. Uitsonderings kry jy wel in Moeslem lande soos Pakistan en Turkeye

    Jaco Fourie

  • Neelsie

    Die feit dat jy so hewig oorreageer hierbo en elders is bewys dat ek 'n ware teersnaar by jou geraak het en jy raak dienooreenkomstig histeries rasend.

    Ek sien jou lys om my te beskryf word al hoe langer. HeHe!  Jy doen my 'n moerse groot guns maat (of is dit "maatjie").  Om dekadent te kan wees moet jy genoegsame testosteroonvloei in die liggaam daarvoor hê. 'n Ou, soortgelyk aan 'n eunuch, sonder genoegsame testosteroon, kan onmoontlik dekadent word al wil hy so graag.  Jy hou my voor die wêreld voor as 'n oor-viriele man, in 'n tydvlak wanneer soveel mans daarmee sukkel en fortuine spandeer om dit te probeer herwin, koop selfs renoster-horings daarvoor. (Suurdruiwe aan jou kant, of hoe?).  Pro-misku; weereens onderstreep jy my viriliteit.  Jy plaas my tussen die intelligente elite wêreld-leiers met 'n geskiedenis van meer as een seksmaat.  Hulle name is legio, en die koerante is vol daarvan. 

    Hoe kan ek godslasterlik wees wanneer geen god bestaan nie?!  Homoseksueel? HaHa!  Jy weet ek weet né?

    Gaan terug na jou gay maat, en drink weer 'n bier saam met hom in die (gay?) kroeg soos jy in 'n vorige brief gemeld het.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Die werf se knaap Jaco Fourie, bly nou eenmaal 'n verleentheid; struikelend in algemene taal, maar beskou homself as die werf se gesag as dit by "moffie sleng" kom ... jammerlik ...  

     

    Hy dweep die volgende oor homself: Indien enigiemand moffie sleng ken, is dit ek [Jaco Fourie], en "maatjie" is beslis nie moffie sleng nie, maar suiwer Afrikaans wat beteken vriendskap met kinders.

     

    Wraggies? ... ek meen, "maatjie" meteens "suiwer Afrikaans wat beteken vriendskap MET kinders", en al die verdagmakery in 'n perverse soos Jaco Fourie se gedagte daarmee saam?

     

    Hel, hoe ver sal sulke perverse en vulgere verdagmakers in hul "Spirituele Intelligensie" gaan om taal te verkrag - net om hul siek agenda te pas!

     

    Maatjie, is wel dalk meer gepas by kinders se aanspreek van mekaar ...

     

    Uit die woordeboek:

     

    maatjie1, =s. 1. Klein maat (om mee te meet). 2. Werktuig v.d. diamantslyper.  

     

    maatjie2, =s, matertjies. Klein speelmaat, vriendjie.  

     

    matie, =s. Gemeensame aanspreekvorm, van maat, ou maat, vriendjie, mater.  

     

    matierig, =e. Gemeensaam; inkruiperig. matierigheid.  

     

    Dis seker kinderagtig as grootmense na mekaar as "maatjie" verwys.  

     

    "Maatjie", was ook die enigste aanspreek tydens diensplig na mekaar; iets wat 'n snotkop soos Jaco Fourie, natuurlik geen kennis van sal dra nie.  

     

    My (ouman) gay-maatjies se uitgelate, vrolik, opgewekte, dartel, uitbundige, luidrugtige, onbeteueld uitgelatenheid, opgewektheid, ... laat 'n mens wel soms aan 'n kind dink, daarom dat hulle ook seker na mekaar as "maatjies" verwys.  

     

    Ja, en van wanneer af is dit 'n skande as 'n straight saam met gays kuier?

     

    Alhoewel Jaco Fourie se familie, kollegas en werkgewer hul miskien met sy kruheid assosieer, ek op geen ander vlak behalwe voor die troon van God, met 'n Jaco Fourie sal assosieer nie. 

     

    Gedurig vryf Jaco Fourie woorde soos hoer, slet, moffie, in die mees kru sin daarvan onder almal se neuse.  

     

    'n Mens kan net wonder wat die onbeskofde Jaco Fourie daarmee probeer bereik?  

     

    My punt is; hoer, slet, moffie, komposstamper, ... is alles skeldname vandag en gegewe die neerhaling daarin, behoort die gebruik van sulke woorde - behalwe in die beswaar daarteen - op geen manier aangemoedig te word nie - ook nie in sulke sogenaamde letterkundige uitlate soos die van Jaco Fourie nie.  

     

    Derhalwe, Jaco Fourie stel homself met trots as 'n produk van sy opvoeding voor; ek sy sieklike aandrang en verkragting van selfs die woord "maatjie", hom sonder twyfel as skuldig aan sy eie verdagmakery aanvaar!

     

    Siestog, die arme Jaco Fourie se ongepoetste uitlate op die werf (soos weereens ook in hierdie bydrae se opskrif), is beslis bejammerenswaardig in enige opgevoede geselskap.

     

    Nogmaals met respek,     

     

    Cornelius Henn

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top