Bemoedigende nuus vir Jan Rap

  • 2

Jan Rap, ek het die gevoel dat jy 'n aarts-pessimis is, ook as dit by ons Afrikaanse taal kom.

Daarom wil ek jou 'n slag bemoedig. Lees gerus op LitNet hoe Japie Gouws, besturende direkteur ATKV-groep, sake sien. Volgens die 2011 sensus het die Afrikaanssprekendes die afgelope 10 jaar met 870 000 vermeerder. Die totale getal Afrikaanssprekendes was op daardie stadium 6 832 055 en mag nou al by sewe miljoen trek.

Dalk het ons skellery op die Engelse ook gehelp, want hulle is net 35% van die wittes en ons is 60%! Die statistiek oor die bruin bevolking is ook bemoedigend want 75% gebruik Afrikaans as eerste taal en 21% Engels.

“Kom gaan wij dan bemoedigd voort ...” of wat praat ek alles!

Mooi wense,

George

  • 2

Kommentaar

  • George

    Wat bemoedigend is, is dat meer as 600000 swartes Afrikaans as eerste taal besig volgens die ATKV-verslag.

    Jaco Fourie

  • Ek betwyfel dit of dit goeie nuus is vir Jan Rap. Daardie bruin bevolking en swartmense kan niks anders as vir hom  "geradbraakte" Afrikaans praat nie. So ook die 870000 meer wat Afrikaans praat. Hulle praat gemengde Afrikaans en Engels. Volgens Jan is Afrikaans so besig  om agteruit te gaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top