Hierdie brief vind aanklank op Wouter se brief “SA 20 years later” (05/11/13).
Voor 1994, hoe het die Afrikaner daar uitgesien?
Polities die wit baas van die hele SA, moreel bankrot, ekonomies ’n sosialistiese bestel, waarvolgens die meerderheid, of as boer, of vir die staat of myne gewerk het. As wit baas oor die hele SA het hy die grense getrek waar anderskleuriges na toe moes verhuis, die beste dele vir homself uitgehou, geen sprake van onderhandeling nie. “Like it or lump it”-tipe houding. En om hierdie “like it or lump it”-houding wat anderskleuriges hoegenaamd nie geval het nie, te onderskraag, moes die fleur van Afrikanerjeug op die altar van ideologie opgeoffer word om ’n onpopulêre politieke bestel te probeer afdwing in die vorm van ’n peperduur buitensporige groot interne weermag daarvoor ingestel.
Kleinsake-ondernemings onder Afrikaners was ongehoord. Die kleinsakeman in die vorm van die kafee Griek, Portugees of Indiër was met afsku bejeën. Die feit dat hy as klein sakeman by verre meer inkomste verdien het as die gemiddelde Afrikaner, het van hom in die oë van die Afrikaner nou kwansuis ’n “Boereverneuker” gemaak.
Die Poskantoor; Invoer/Uitvoer-aksyns; die spoorweë (die Afrikaner se grootste werkgewer); YSKOR; SASOL; asook al die ander staatsdepartement, was omtrent net Afrikaners te vinde. Ook op die myne. Big Brother het goed vir hom gesorg. Werkreservering het dit vir hom verseker. In ruil daarvoor moes hy dankbetuiging aan Big Brother toon deur hom in bewind te hou.
Die Afrikaanse kerke het hulle nougesette (in die sin van “narrow minded”) sieninge deur middel van hulle leke in hoë regeringsposte op die res van SA afgedwing. Aanvanklik was TV verban. Die ontugwet wat kriminele van mense gemaak het wat dit nie was nie, en sekere mense selfs tot selfmoord gedryf het eerder as om tronk toe te gaan. Die skande waar gesinne opgebreek was met die rasseklassifikasie-wetgewing. Indien ’n blanke gesin ’n kind gehad het wat nie wit genoeg was nie, was die kind kleurling herklassifiseer, en kon nie saam met sy boeties of sussies na dieselfde skool toe gaan nie. ’n Groot polisiemag (verdere werkskepping vir die Afrikaner) in die vorm van die ontugmag is geskep om op medeburgers af te loer, en selfs in seksuele lokvalle te verlei. Gay klubs was gereeld op toegesak, asook ontspanningslokale waar prostitute toegelaat was om hul besigheid te bedryf as byproduk om klandisie vir die lokaal in te bring.
MAAR
Die piekniek kon nie onverpoosd voortduur nie. Die wêreld het sy wysvinger onder die neus van die Afrikaner gewiggel en gesê NEE! NEE! Genoeg is genoeg! Dis nou jou beurt om te “like it or lump it” wat ons aan jou gaan doen met ons sanksies. EN. Sanksies het die Afrikaner gebreek. Hy kon nie sy enorme infrastruktuur meer bekostig nie. Daar was eenvoudig net nie meer genoeg geld en Afrikaner-mannekrag daarvoor nie. Die hele kaartehuis was op die punt om ineen te tuimel tot Afrikaner-verleentheid. Skarrel, skarrel. Hoe gaan ons gesig wen (save face)?!
SUG! Dankbaar dat Nelson toe nie destyds gehang was nie. Kuier, Kuier, wine and dine, (selfs gatkruip) en siedaar, Afrikaner-bemarking het geseëvier. Nelson stem in tot vreedsame onderhandeling (I will scratch your back if you will scratch mine).
Om ’n lang storie kort te maak. Die res van SA is polities in, en die Afrikaner is polities in die wildernis. (Nelson het opgehou De Klerk se rug krap). Die Afrikaner word grootskaals uit regeringsposte, die myne, YSKOR en Sasol, munisipaliteite, ens uitgeskop. Werkloosheid onder hulle begin seëvier, met ’n klomp na die buiteland uitgewyk. Die Afrikaner word vanuit die ekonomiese sosialistiese bestel verban. Dit is nou net vir die swarte bespreek. Wat nou?
ADAPT OR DIE!
Die Afrikaner was altyd ’n wenner, selfs in die donkerste tye van sy geskiedenis. Bv: hy het die vrede van Vereeniging verloor, maar die Unie van SA gewen. Twee Republieke verloor, en in die proses die hele SA ingewin. Voor 1994 ’n sosialis, na 1994 ’n kapitalis. Van die Ou Testament na die Nuwe Testament.
1994 SY EMANSIPASIE.
Afrikaner kleinsake-ondernemings spruit orals die land op. Klerke, ambagsmanne, myners, ens wat voorheen vir die staat gewerk het, bedryf nou hulle eie besighede in die vorm van Transport/Vervoer, boekhouers, veiligheidsmaatskappye, IT-ondernemings, kontrakteurs, ens en dit met baie meer inkomste as voor 1994. Nadat die aanvanklike werkloosheid sy hoogtepunt bereik het, het dit daarna jaar op jaar begin daal vergeleke met die teendeel onder swartes.
Afrikaner-spogwonings was daar nie grootskaals voor 1994, soos nou in die beste voorstede van omtrent enige stad en langs die Vaalrivier nie. Voor 1994, was dit merendeels mynhuise, en staats-gesubsidieerde vaal behuising. Selfs Dan Roodt, klagat wat hy is, bly in rykmans “Dainfern” tussen die Engelse. Voor 1994 sou hy dit nie kon bekostig het nie.
Afrikaners staan vandag onder die 10 rykstes in die land, soos bv Christo Wiese (Shoprite); Lourens Dippenaar (1st Rand); Johan Rupert (Rembrandt); GT Ferreira (RMB).
Die feit dat die Afrikaner vandag leierloos is, is vir die Afrikaner indiwidu ’n “blessing in disguise”. Voorheen was al die dinkwerk vir hom gedoen. In die werkplek, in die kerk, polities, ekonomies, ens. Vandag dink hy vir homself, en aanvaar nie meer voetstoots enige ou koeie stellings nie. Die Afrikaner het meer kleur gekry.
Kultureel is hy op sy rykste. Voor 1994 was daar nie enige noemenswaardige kunstefeeste soos Aardklop; Oppiekoppie; KKNK; ens nie. Afrikaanse musiek het ontplof soos min, na 1994. Taalkundig het hy verryk. Hy het selfs die Engelse woordeboek bygekry.
Wat wou. Die Afrikaner is stapsgewys besig om weer sy magsposisie in hierdie land gesetel te kry. Nie polities nie, maar wel ekonomies. Dat Afrikaans of die Afrikaner aan dit afsterwe is? Agge nee man. Diegene wat so dink is skoon keyns.
Jaco Fourie


Kommentaar
Terloops
Laas Saterdag was meer as 15000 Afrikaners by AfriForum se musiekfees by die Voortrekkermonument (Beeld 4 Nov 13. bl.3). Die 4X4's was orals te siene.
Afrikaners hou nog steeds van partytjies.
Jaco Fourie
Beste Jaco,
Dankie vir jou pittige en tot-die-punt stukkie Afrikaner-geskiedenis. Dit wys jou net - jy kan nie n goeie man onderkry nie.
Calvinistiese groete,
Pieter Redelinghuys
Vanselfsprekend dat Jaco Fouries as 'n tipies ideologies geskape en nasionalistiese Afrikaner, sy erfenis vir 'n pot lensiesop verruil en 1994, as sy jaar nul verklaar ... ewe vanselfsprekend dat Jaco Fourie geen riglyn het om hoegenaamd 'n gewete te het aan sy roekelose minagting vir ander se waardes nie ... die werklikheid is egter dat die katolieke, Grieke, Moslems, Jode en Hindoes wat die polities geskape Afrikaner en Britse onderdrukking hier oorleef het, dit nog altyd met diep gestelde waardes in hul kultuur, Godsdiens en in eerbare leierskap doen - 'n noodsaaklikheid vir enige groep en wat Jaco Fourie in geheel en gedurig bespot as regse gekkegrens gedagte waar die die Boere Afrikaners dit wel so doen ... mees hartseer is ook die feit dat Jaco Fourie die Afrikaner se hoogste en skynbaar enigste waarde voorstel (behalwe om ewig en alleen skuldig aan apartheid te wees) daarin om vry te wees om geld te maak - hoe absurd! ... ek het eenvoudig net te veel redes om hier te herhaal waarin ek my geheel distansieer van Jaco Fourie se leierlose dog minderwaardige onderdanige Anglo en Amerikaanse geskape, sedelose, magsugtige en geldgierige Afrikaner ... katolieke Boeregroete, Cornelius Henn
Ek sou voorstel dat jy eers 'n paar boeke oor die ANC in ballingskap lees en uitvind van al die geknoeiery agter die skerms voordat jy weer so 'n oningeligte skrywe plaas. Die Blanke kieser en veral die Afrikaner is in totale duisternis gehou oor die ware aard van die ANC met wie daar onderhandel is.
Hoop die webredakteur sien kans om dit te plaas.
"Excerpt from Paul Trewhela’s Inside Quatro by Thando on Mar 8th, 2010
Inside Quatro provides a first-hand account of the ANC’s Quatro prison camp and of the mutiny in Umkhonto we Sizwe (MK) in Angola in 1984; articles on the SWAPO ’spy drama’ of the 1970s and 1980s; an analysis of a death in exile with implications relating to Jacob Zuma; and a study of the responses of both the ANC and SWAPO to these episodes of intolerance, repression and excess.
In all his essays, Trewelha analyses problems of the liberation struggles with a former insider’s knowledge and a journalist’s ability to ferret out the facts. Here is an excerpt from the book:
In April 1990 a group of eight former members of Umkhonto weSizwe (MK) returned to South Africa a few weeks after Jacob Zuma, but under very different conditions. While Zuma was smuggled into South Africa in secret by the government (with Penuell Maduna, head of the ANC’s legal department) to prepare for negotiations with President FW de Klerk, the eight had fled from the ANC in Tanzania following six traumatic years after mutinies of ANC troops in Angola in February and May 1984.
Less than two months after their arrival back in South Africa, one of the eight, Sipho Phungulwa — a former bodyguard of the South African Communist Party leader and MK chief of staff, Chris Hani — was shot dead by ANC members in Mthatha in a daylight public assassination early in June 1990, after he had left the ANC offices with a colleague, Nicholas Luthando Dyasophu.
Official versions of the ANC's history in exile are challenged by Inside Quatro: Uncovering the Exile History of the ANC and Swapo by Paul Trewhela (Jacana Media). This is an edited extract. In April 1990 a group of eight former members of Umkhonto weSizwe (MK) returned to South Africa a few weeks after Jacob Zuma, but under very different conditions. While Zuma was smuggled into South Africa in secret by the government (with Penuell Maduna, head of the ANC's legal department) to prepare for negotiations with President FW de Klerk, the eight had fled from the ANC in Tanzania following six traumatic years after mutinies of ANC troops in Angola in February and May 1984.
Less than two months after their arrival back in South Africa, one of the eight, Sipho Phungulwa -- a former bodyguard of the South African Communist Party leader and MK chief of staff, Chris Hani -- was shot dead by ANC members in Mthatha in a daylight public assassination early in June 1990, after he had left the ANC offices with a colleague, Nicholas Luthando Dyasophu.
Narrowly escaping being shot, Dyasophu later gave evidence to the Truth and Reconciliation Commission. Three assassins subsequently received amnesty from the TRC, on the grounds that their act had been politically motivated. Phungulwa's life and death reveals the tensions within the ANC in exile between a top-down bureaucratic centralism and an ongoing struggle among the troops for a genuine participatory democracy.
It was a road that led from the mutiny in Angola in 1984 (in which a key demand had been for a democratic conference) through Quatro prison camp to an extraordinary, brief flowering of democratic self-activity in 1989 among ANC exiles in Tanzania, which was crushed by the ANC leadership only weeks before the unbanning of political organisations in South Africa and the release of Nelson Mandela.
After involvement in the 1976-77 youth uprisings in the Port Elizabeth area, Phungulwa had left South Africa with his close friend Amos Maxongo -- later a fellow participant in the mutiny, in the prison ordeal at Quatro and in the democratic upsurge in Tanzania -- to join MK. Under his "travelling name" Oscar Sizwe, he was one of the first group of MK cadres posted to Lesotho to help organise underground structures in the Transkei and Border areas, working closely with Chris Hani and acting as his bodyguard.
Several years later Phungulwa, Dyasophu and Maxongo -- with about 90% of the ANC's trained troops in Angola, from the generation of the 1976 student uprising revolt -- took part in the mutiny, in which they demanded: a democratic conference; an investigation of the ANC's security department, iMbokodo, on account of its brutality and their belief that it had been infiltrated by the apartheid regime; and to be transferred to South Africa to fight.
This was an extraordinary mutiny, in which the demand of the mutineers was to be sent into battle. There followed five years' imprisonment, first in Luanda State Security Prison, where they were tortured by iMbokodo, and then in Quatro. They were released only when the ANC was required to withdraw from Angola, with Cuban, Soviet and East German personnel, following the Crocker Accords of 1988 leading to independence for Namibia.
Transferred to Dakawa camp in Tanzania in January 1989, they were permitted by the ANC to take part in normal exile activities. Phungulwa became the main person responsible for organising sports and culture among the exiles, whom the ANC prisoners on their arrival found dispirited and apathetic. With their attachment to democratic principles and their political commitment, the former mutineers breathed life into the moribund structures in the camps.
Towards the end of 1989 Phungulwa was elected sports and cultural co-ordinator for all the exiles in Tanzania, known practically to every ANC member in the region. It was not long before these pariahs, who were not permitted to mention the mutiny or the repressions they had suffered, became an alternative pole of leadership to the security-dominated ANC bureaucracy in Dakawa.
On 16 September 1989 one of the seminal events in the life of the ANC abroad took place. In an astonishing rebuff to the ANC leadership two former mutineers were elected to the leading positions on the Regional Political Committee, the most representative body of all the exiles in Tanzania, at an annual general meeting attended by several top-ranking ANC leaders, including one -- Andrew Masondo -- regarded by the mutineers as one of the leaders most responsible for the reign of terror in the camps.
The two ex-prisoners from Quatro chosen to represent thousands of exiles in Tanzania were Omry Makgoale (previously MK district commander in Luanda, who was elected chairperson of the RPC under his "travelling name" of Sidwell Moroka, also known as Mhlongo) and Mwezi Twala, who was elected organising secretary, under the travelling name of Khotso Morena. Both had been members of the Committee of Ten, elected in Viana camp on the outskirts of Luanda to represent the demands of the troops to the ANC leadership in February 1984.
Makgoale had been present in Quatro prison when the leading figure in the mutiny, Ephraim Nkondo (known to the mutineers by his travelling name, Zaba Maledza), was dragged through the prison with a rope around his neck, shortly before his death. Twala, later author of Mbokodo: Inside MK. Mwezi Twala, a Soldier's Story (Jonathan Ball, 1994) -- an important first-hand history of the exile period -- was one of the group of eight, including Phungulwa, which escaped from Tanzania in January 1990, and was their main spokesman when they gave a press conference in Johannesburg on May 16 1990. Phungulwa then had less than three weeks to live."
Dit is voorlopig genoeg, maar koop die boek en ander en jy sal besef hoekom Suid-Afrika daar tans uitsien
soos dit is, want dit gebeur as jy van wolf skaapwagter maak, die skape weet nie wat hul getref het nie.
Jaco,
Daardie 4X4´s is dan só duur, mens wonder net of hulle nie deur boereverneukery bekom is nie!
Ha!Ha!Ha!
Pieter Redelinghuys
F.C. Boots
Ek kan dit nie help indien jy nie 'n satiriese weergawe van die AFRIKANER voor en na 1994 in my brief kan inlees nie. Daar was geen poging aan my kant gewees om 'n akademiese polemiek van die geskiedenis, veral aangaande die ANC se deelname daarin, te bespreek nie . Daar is die min, tog vokale gekkegrens Afrikaners wat gedurig kerm oor hoe goed dit met die Afrikaner voor 1994 was, en hoe sleg dit nou met die Afrikaner sedertdien gaan. My satire was hoofsaaklik vir hulle aandag.
Die teendeel is waar. Na die aanvanklike grootskaalse werkverliese, het die Afrikaner werkloosheidsyfers jaar op jaar verminder. Swart werkloosheid in 1994 was 23%, vandag 25%. Die Afrikaner vaar vergelykend baie beter, nieteenstaande die trauma van grootskaalse werkverliese kort na 1994. Die voorkoms van AFRIKANER werk en kapitaalskepping vir homself het drasties vir die beter in gedaante verander na 1994, van hoofsaaklik 'n dienaar van die staat, myne en munisipaliteite, tot hoofsaaklik onafhanklike entrepreneur. Sy verlies aan politieke mag sedertdien was in werklikheid 'n bedekte seën vir hom.
Sy welvaart sedert 1994 is geensins aan die ANC, of die staat, te danke nie, want die het sonder geheim, en nog steeds, alles in hulle vermoe gedoen om die Afrikaner, sy taal en kultuur in die grond te probeer, ingrawe. Die Afrikaner het op EIE VERNUF sy toestand begin verbeter tot so 'n mate dat hy vandag met jaloesie bejeen word. Die gemiddelde Afrikaner is finansieel sterker as ooit tevore.
Die konstitusie wat hy aanvanklik as 'n bedreiging vir homself gesien het, het vandag in werklikheid een van sy sterkste wapens geword. Sonder politieke mag vat hy die regering suksesvol in die howe aan, en ek verstout myself om te se dat die konstitusie nog gaan voorsien dat alle wetgewing wat vandag in die Afrikaner pad staan om gelyke regte in die werkplek te bekom, gaan laat verwyder word.
En Ja. Daar is nog vele Afrikaners wat onder haglike omstandighede lewe. Die ANC en enige opvolgende regering gaan hom nie help nie. Dit is vir my ooglopend. Die Afrikaner sal self sy mede Afrikaner moet help om daardie werkloosheid gaping onder hulle nog verder te verminder. Afrikaner burgerregte organisasies soos AfriForum is juis daarmee besig, asook om onder Afrikaners 'n bewusyn vlam te laat vat van die noodsaaklikheid van mede samewerking tot elkeen se voordeel.
FC Boots. Indien jy 'n akademiese bespreking van ANC betrokkenheid ter tafel wil bring. Doe so voort. Daarin stel ek persoonlik hoeganaamd nie in belang nie. Behalwe vir die satiriese kort geskiedkundige oorsig van die AFRIKANER hierbo, voor en na 1994, weerhou ek my van besprekings oor SA geskiedenis, want my persoonlike siening is dat wat verby is kan nie aan verander word nie. Meeste van die besprekings hier op SêNet mbt SA-geskiedenis is gebaseer op die "what If" scenarios. Elkeen veg sy standpunt gebaseer op sodanige scenarios, afhangende sy politieke aanhang. Na my mening 'n futiele argument en geensins tot stigting nie.
Vir my is GISTER geskiedenis, die gebeurlikhede waarvan niks aan verander kan word nie, tog waarvan geleer kan word vir 'n beter toekoms. Vir my is elke VANDAG, die begin van nuwe geleenthede en nuwe hoop vir die toekoms.
Jaco Fourie
Pieter
Bly om te sien jy is skerp genoeg om die humoristiese ironie raak te lees.
Jaco Fourie
Die vernuftige sal met elke dreigende of verslegtende gebeurtenis 'n geleentheid daarin vir homself soek om homself in die proses te verryk.
VOORBEELDE
Sedert 1994 het die persoonlike veiligheids situasie in SA jaar op jaar versleg. Die entrepreneur sien 'n gaping hierin, en siedaar, 'n hele nuwe bedryf wat megga bucks genereer, onwikkel, sekuriteit ingestel. Diefwerings, palisades, hoë omheinings, elektriese omheinings, sonar alarms, wagte, kluise, wapens, golf estates, ens. En watter vanne sal jy agter die meeste in hierdie bedryf teëkom? Afrikaner-vanne! Baie vanuit die ou weermag ontslaan, wat nuwe geleenthede vir hulself ontdek het. Hoekom dink jy teiken die ANC deesdae sekuriteits-maatskappye, kamptig onder die voorwensel hulle kan in die toekoms die regering ondermyn, en is 'n nes volgens hulle, van spionasie.
Sedert 1994 het die soeke na werk, veral onder die semi-geskoolde swart arbeidsmark toegeneem. Die gevolg? Entrepreneurs het 'n gaping vir hulself daarin gesien, en siedaar, die geweldige groei in arbeidsmakelaars (labour brokers). En watter vanne sal jy agter die meete in hierdie bedryf teëkom? Afrikaner-vanne! Baie "human resources" personeel vanuit die ou bedeling wat werk verloor het en wat 'n geleentheid vir hulself hierin raakgesien het. Hoekom dink jy werklik teiken COSATU arbeids-makelaars?
Selfs ou Rooi Daantjie het 'n geleentheid vir homself raakgesien in 'n mark van ontevrede gekkegrens Afrikaners, en hy stig Praag om sy inkomste aan te vul. Voor 1994 sou hy nie hierdie mark gehad het nie. In die proses, weerspreek hy terselfde tyd omtrent alles wat hy vir sy volgelinge preek. Bv Afrikanervolksstaat, maar hy self bly in ryk Engelsman Dainfern, nie tussen sy gekkegrens maatjies nie. Verkwalig Afrikaners wat kinders na Engelse skole en universiteite toe gaan, maar self was nooit op Afrikaanse universiteit nie, maar wel Engels en Frans ens.
Nouja. Neem omtrent enige kleinsakeonderneming vandag, en jy vind Afrikanervanne sit agter die meeste daarvan.
Is jy nie trots om Afrikaner te wees nie. Ek is.
Jaco Fourie
Dankie FC Boot!
Hello,
(Soos Henn hier wat hom wil vrywaar van enige kritiek en sy hart as verskoning gebruik, die se hart is kwansuis, 'suiwer en edel')
Wouter Ferns se "kritiek" word ook hier getoets: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder ...
Weereens, ek herhaal soos hierbo: "Die vernuftige sal met elke dreigende of verslegtende gebeurtenis 'n geleentheid daarin vir homself soek om homself in die proses te verryk.
"Vrydagaand e-TV 7uur nuus. Afrikaner bou sink "plakker" tipe pandok huisies op sy perseel, wat as B&B ingerig is teen R800/aand vir die oorsese toeris wat wil ondervind hoe dit is om in 'n plakkerskamp te slaap.
Nouja. Neem omtrent enige kleinsakeonderneming vandag, en jy vind Afrikanervanne sit agter die meeste daarvan.
Heel interessant ne!
Jaco Fourie
Jaco Fourie se vervelige eenmanvertoning kan ook hierteen gelees word: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/video-sekuriteitsvideo-opname-van-plaasaanval/