Boekedag 2012: Jaco Jacobs kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Toe ek op laerskool was, het Pippi Langkous min of meer alles gehad wat my kinderhart begeer het: ’n mak apie, genoeg geld om te koop net wat haar hart begeer, ’n ernstige gebrek aan goeie maniere, en ’n seerowerkaptein vir ’n pa. Boonop was sy sterk genoeg om haar perd oral rond te dra en boelies op te dons, en sy het nie nodig gehad om skool te gaan nie. Dit klink steeds vir my so min of meer na die ideale lewe (hoewel ek mal is oor my eie boerepa, en beslis nie omgee om die lewe sonder twee lang rooi vlegsels en 'n gesig vol sproete aan te durf nie).

Jaco Jacobs is ’n skrywer en uitgewer. Sy jongste boek, Professor Fungus en die zombie-tamaties, het pas verskyn. Lees waarom Jaco Jacobs toe nooit in die sirkus werk gekry het nie.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top