Besoek aan Rennes-le-Château

  • 0

Die duiwel het my skrikgemaak
in die Maria Magdalena Altaarkerk
’n toeristemerk in die Franse platteland,
heuweldorpie van Sauniére
waar ontwykende geheime
aan geërodeerde mure kleef

Ouma word begrawe
en haar liefling toer
in ’n sonbevlekte dorp
waar ruimte en tyd
skadu’s op die lewe gooi
en begraafplase vars blomme baar

Op die eeue oue klipmuur tuur ons
oor die vallei, my latere hipnose-wegkruipplek,
eet ons vrugte uit die voue van ’n linnedoek,
gaan soek ek die koelste, koudste kruikwater
soos Jesus by die put.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top