ATKV-simposiums vir jeug se hoofleiers

  • 0

Die jaarlikse ATKV-Jeugleiersimposiums vind vanjaar weer in die eerste week van Desember plaas. Daar is vier simposiums landswyd by onderskeidelik ATKV Buffelspoort, ATKV Goudini Spa en ATKV Drakensville. ATKV-Jeugleiersimposiums word aangebied vir die verkose Graad 6- en Graad 11-hoofleiers van 2014, en vanjaar se tema is Leiers staan uit.

Vir hoërskoolleiers is daar van 2 tot 5 Desember ’n simposium by ATKV Buffelspoort (naby Rustenburg), terwyl Kaapse jeugleiers tussen 3 en 6 Desember ’n simposium kan bywoon by ATKV Goudini Spa (Worcester). Vir laerskoolleiers is daar van 2 tot 5 Desember ’n simposium by ATKV Drakensville (in die Drakensberge), en van 3 tot 6 Desember by ATKV Goudini Spa (Worcester).

Al is van die leerders reeds aan die gang met hul termyne as leiers wil die ATKV hoofleiers deur hierdie projek verder bemagtig om suksesvolle leiers te wees sonder om hul akademie te verwaarloos. Die ATKV-Jeugleiersimposiums is beslis  nie net ’n gewone kamp nie. Die program vir hoërskoolleerders fokus op algemene leierskapvaardighede en temas soos spanwerk, tydbestuur, kommunikasie, konflikhantering en leiers se regte. Die teorie sal aangevul word met praktiese oefeninge. Verskeie bekende sprekers uit  verskillende velde sal die leiers toespreek.

Kostes beloop R1 100 per leerder (wat  aktiwiteite, akkommodasie, etes en skryfnotas insluit). Vervoer na en van die oorde is nie ingesluit nie.

Skole word uitgenooi om hul hoofleiers in te skryf vir hierdie unieke leierskapsprogram. Ons vra dat net die hoofleiers gestuur word sodat meer skole die geleentheid kry om die Jeugleiersimposiums te kan bywoon. Daar is slegs ’n beperkte aantal plekke per oord beskikbaar.

Inskrywings word slegs aanvaar indien u vooraf telefonies by Jacqueline Göttert (011 919 9038) bespreek. Inskrywingsvorms en bewys van betaling moet dan voor 31 Oktober 2013 aan die ATKV gefaks word.

Lagnes sal by ATKV Buffelspoort sorg vir die vermaak, en Kaleidoskoop sal by ATKV Goudini Spa in aksie wees.

Vir meer inligting besoek gerus die ATKV se webwerf by www.atkv.org.za

Volg ons op Twitter by #ATKVLeiers. 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top