op die ring van ’n welgestelde profeet, hierdie inskripsie:
alles het ’n afloop!
feeste, heilige dae, koninklike termyne, die glorie van kastele, die helderheid van half-edelgesteentes ... alles het ’n afloop … die krag van spiere, liefdesekstase, wellustige soene; hooggeplaaste arrogansie van arende, gevleuelde gevoelens … ’n onsigbare rowerskip sal dit én meer uit ons sig uit wegvoer…
alles het ’n afloop
alles …
die bekommernisse van reiers het ’n einde, die knaende vrees van ou bewers ook, hongersnood, massamoorde, kroniese pyn, noodlottige epidemies … ’n wind gaan lê, ’n ander een begin roer; selfs die inspanning van onsterflike werke kom tot ’n einde …
en o ja! jy ook, sowel as sneeuvlokke, en vroeg-ontluikende vreugde!
Die droefheid van insekte in amber bevrore!
alles het ’n afloop
alles …
- Poem by ?lyas Tunc, translated into Afrikaans by Charl-Pierre Naudé
[Die gedig kom uit die Turkse digter ?lyas Tunc se manuskrip wat die 2008 Ceyhun Atuf Kansu Poësietoekenning verower het. Die volledige manuskrip is deur ?lyas Tunc en die Suid-Afrikaanse digter Robert Berold in Engels vertaal. Die gedigte toon iets van die Mediterreense surrealisme van die Odusseus Elytis.]

