Afrikaanse Bethlehem

  • 0

In die velde oos van Seagate*
het herders saamgedrom
en duisende daarheen aangelok,
om in die lig
van Blackberry en Dell
‘n nuwe Kersverhaal
vir álmal te vertel

Die wyse mans en vroue
het gedeel en saamgespeel
en pakkies goud en mirre
uit woord-en-spelreëls uitgedeel
aan dié wat die baba
(eens in doeke toegedraai)
wou afskil,
laag vir laag,
redekawelend oor Josef
en sy sogenaamde Maagd

Herodus het gehoor
waar hy in sy taalpaleis
van blink ivoor
sy jargon slyp
en kinders moor,
dat digters groei
en publiseer;
by die dag word hul net beter –
meer en meer
en meer
So, êrens vanuit ‘n krip 
verby die kruisiging
van sy Golgota
het gewone mense
die taal weer uitgedra

 

*Seagate: Een van die algemeenste hardeskywe op die mark

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top