Absa KKNK 2013: Kanna-nominasies

  • 0

Trippie

Met die grootste feesprogram in jare, het die Kannapaneel ’n reusetaak gehad om by die meer as 120 produksies, waarvan 52 gedebuteer het, in een week uit te kom. “Ondanks die uitdagings van skedulering en die noodsaak van energiedrankies by tye, was daar oorgenoeg produksies wat die Kannapaneel vir ure teen mekaar opgeweeg het,” sê Erns Grundling, sameroeper van dié paneel. Die Baanbreek-venue is veral uitgesonder as broeikas van kopverskuiwende teater.

Al die produksies op die amptelike feesprogram kom in aanmerking vir ’n Kanna en vanjaar is daar benoemings in tien kategorieë. Die wenners word op Sondag 5 Mei aangekondig in die Mount Nelson-hotel in Kaapstad. Na deeglike besinning, is besluit op die volgende nominasies vir die “Klein Karoo Oscars”:

  1. Kanna vir Beste Teateraanbieding
    • Balbesit
    • Kombuis Avonture in ’n Koekieblik
    • Oskar en die Pienk Tannie
  2. Kanna vir Beste Akteur
    • Balbesit-ensemble
    • Stian Bam - Trippie
    • Wessel Pretorius - Ont-
  3. Kanna vir Beste Aktrise
    • Crystal Donna Roberts - Kytie - ’n Koos Kombuis storie
    • Nicola Hanekom - Trippie en Hol
    • Sandra Prinsloo - Oskar en die Pienk Tannie, Die Leo’s en Liefde, Anna
  4. Kanna vir Beste Regie
    • Jaco Bouwer - Balbesit en Trippie
    • Jayne Batzofin - Pruttel
    • Lara Bye - Oskar en die Pienk Tannie
  5. Kanna vir Beste Musiekproduksie
    • Dorothy | 60 jaar
    • Dreams - Chris Chameleon
    • Karin Kortjé! Die hele storie…
  6. Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering
    • Bravissimo! The South African Sopranos
    • Gershwin Songbook
    • Sonnige Spaanse sensasies
  7. Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding
    • Silence is golden - Stephen Rosen
    • Streeksbiblioteek - Olaf Bisschoff
    • Vergete Verledes - Cobus van Bosch
    • “…when you feeling like a lady.” - Robert Hamblin
  8. Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar
    • Emmanuel Bach - Sonnige Spaanse sensasies
    • Jayne Batzofin - regie, konsep en verhoogontwerp van Pruttel
    • Nieke Lombard - Pruttel en Elnora en Nirvana
  9. Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk
    • Balbesit
    • Elnora en Nirvana
    • Trippie
  10. Kanna vir Beste Debuutwerk
      Kanna vir Beste Debuutwerk, wat spesifiek kyk na produksies wat by vanjaar se Absa KKNK gedebuteer het. Die drie genomineerdes is:

    • Balbesit
    • Pruttel
    • Trippie

Balbesit

Die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Vernuwende Denke word toegeken aan die dramaturg, Saartjie Botha. Balbesit, wat genomineer is vir vyf Kannas is deur Botha geskryf en vervaardig. Die skrywer, Dot Serfontein, ontvang hierdie jaar die Afrikaans Onbeperk vir Lewensbydrae. Die Woordkunsproduksie, My Mense, met Antoinette Kellermann en saamgestel deur Juanita Swanepoel, het vanjaar by die Absa KKNK gedebuteer en is ’n blik op Serfontein se lewe. Die eerste Kuns Onbeperk-toekennings word vanjaar in drie kategorieë toegeken. Die Kuns Onbeperk vir Diens aan die Kunste gaan aan Temple Hauptfleich, akademikus en teaternavorser. Dorothy Masuka, die wêreldmusiekikoon, se bydrae van 60 jaar in die bedryf, word erken met die Kuns Onbeperk vir Lewensbydrae. Die besonderse huldeblykproduksie, Dorothy | 60 jaar, met Laurika Rauch, Karen Zoid, Zolani Mahola, die African Voices en Masuka self, is genomineer vir Kanna vir Beste Musiekproduksie. Zoid ontvang die eerste Kuns Onbeperk Kruispunt vir haar rol om oor musiekgrense heen kunstenaars en gehore bymekaar te bring.

Eervolle vermeldings:

Op versoek van die Kannapaneel is daar vanjaar twee eervolle vermeldings. #checkityt@route62 vir talentontwikkeling onder die jeug en Hemelbesem vir sy inspirerende optrede in Rymklets van Oos tot Wes.

Vanjaar se Kannapaneel is Erns Grundling (sameroeper), David April, Charl Bezuidenhout, Willemien Brümmer, Ronnie Burton, Gys de Villiers, Chrisna du Preez, Paul Eilers, Cornelia Faasen, Annie Klopper, Haidee Muller, Hylton Nel, Johann Nel, Laetitia Pople, Louis Pretorius, John Theodore, Frieda van den Heever, Hein Willemse en Celeste Williams.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top