Aftreebeplanning is nie 'n lekker onderwerp nie, maar dit lê vir Schalk Louw na aan die hart. Hy gee vir Naomi Meyer 'n paar praktiese wenke oor geldsake.
Hallo Schalk, vertel asseblief vir ons lesers van jou agtergrond.
Ek het in 1994 na afloop van my studies as ? aandelemakelaar by Huysamer Stals (later AMB Amro) begin werk, destyds nog op die JSE-vloer. In 1997 was ek werksaam by BoE Personal Stockbrokers en is ek, nadat ek ? Lid van die Raad van Aandelemakelaars geword het, aangestel as direkteur van die groep en takbestuurder. Ek was een van die stigterslede van die Contego-groep in 2001 en is steeds vandag die uitvoerende hoof. In 2008 het ek my MBA voltooi.
Jy skryf sinvol oor hoe mense vir hul aftrede moet beplan, maar alles in die samelewing het verander en ek ken baie mense in hul dertigerjare wat nog sterk op hul ouers steun – sonder om dalk eiendom te besit. Enige raad?
Aftreebeplanning lê baie na aan my hart en dit is juis hoekom ek, deur my rubrieke (http://www.contego.co.za/blogs/5), dit vir die algemene man (en vrou) op straat so maklik en verstaanbaar as moontlik wil maak. Die harde feite is dat nie baie van ons Suid-Afrikaners vandag ? lewe sal kan maak met slegs R1 260 per maand nie, die bedrag wat jou sal toekom as staatspensioen as jy nie voorsiening gemaak het vir aftrede nie. Die slegte nuus is, dit bly steeds ? gedeelte van ons maandelikse begroting wat so maklik oor die hoof gesien word. Nie noodwendig omdat ons wil nie, maar baie keer omdat daar net eenvoudig nie genoeg "ekstra" is vir spaargeld nie. Een van die redes is juis omdat werk meer skaars geraak het en kinders dus sommer maklik by hulle ouers bly tot in hul dertigs. Dit veroorsaak dat ouers wat tussen 40 en 50 skuldvry moes geraak het en dan ekstra geld in hulle aftrede moes stoot, steeds daardie "ekstra" geld in hulle kinders inploeg, en dan uiteindelik self sukkel ná aftrede. Aftreebeplanning moet egter jou beginpunt en prioriteit wees en nie deel uitmaak van jou ekstras nie.
As jy algemene finansiële advies moet verskaf, wat sou jy sê is die goue reël?
Niemand gee méér om vir jou kapitaal en aftrede as jy self nie. Wees dus altyd in beheer!
Ouers het ook dikwels te doen met die kompetisie – al die maatjies besit tablette en nou wil hulle kinders dit ook hê. Wat behoort ‘n gesin se finansiële prioriteite te wees?
Jou begroting bly van kardinale belang, met spaar vir aftrede wat jou beginpunt moet wees en nie uit jou "ekstras" moet kom nie. Luukshede soos tablette en selfone, daarenteen, moet uit "ekstras" betaal word. Indien daar nie ekstra geld is nie, moet dit liewer vermy word. Wie laaste lag, lag altyd die lekkerste. Niemand lag (of slaap) so lekker soos iemand wat met ? geruste hart kan aftree nie.
Is dit genoeg om elke maand ‘n bedrag te betaal aan ‘n groep soos, sê nou maar, PPS, of hoe maak mens seker die geld groei genoeg sodat mens genoeg op jou oudag het?
Daar is ‘n verskeidenheid dinge waarna jy moet kyk, en dit verskil van persoon tot persoon. In kort behels dit om eerstens so vroeg moontlik te begin spaar vir aftrede. Dit kan nie noodwendig in jou 20's wees nie, want hedendaagse omstandighede maak dit uiters moeilik vir jongmense om al op daardie ouderdom aggressief te spaar. Indien 30's dan jou vroegste is, begin dan, maar vroeër bly die beste. Tweedens maak jy seker daar word nie net produkte aan jou verkoop nie – dit moet jou werklik teen die laagste moontlikste kostes gebied word en die grootste na-belaste-besparing kan gee. Ek het juis onlangs ? rubriek oor kostes geskryf (vir meer inligting gaan na http://www.contego.co.za/blogs/use-lisps-your-advantage). Laastens – wees versigtig vir skurke. Jy kan nie bekostig om byvoorbeeld in jou 50's jou kapitaal af te skryf omdat jy jou kapitaal óf te aggressief belê het óf aan iemand toevertrou het wat nie goedgekeur is of binne die raamwerk van die Finansiëlediensteraad handel nie. ? Persoon wat van ? boot afval, moet nie net swem om die boot weer te vang nie – hy moet swem om ? boot in te haal wat konstant vorentoe beweeg.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

