69 Beetle
Vers 1
Jy, ja jy, en jou fancy kar,
Dit was die ‘69 Beetle met Nirvana hard
En die beplanning van die ‘roadtrip’ wat ons nooit sou maak
Dis in daardie tye wat ek steeds verlore raak
Vers 2
En verf oral op jou Levi jeans
Was die dag toe jou flat se kleur sy gat sou sien
En op die bitter einde van die ‘housewarming’
Was daar orals halwe bottels op die balkonmuur
Koor
Ons was jonk maar nooit verkeerd
Die lewe maak jou vergeet, in ’n oomblik
Al die dinge wat ons toe nie sou weet, nie
Maak ’n mens mos nie regtig seer… seer nie
Vers 3
Ja, Elvis sou verstik aan sy klippies en coke
As hy jou moes hoor in karaoke-mode
Dit was hoekal die aand met Rebecca daar
Oppad terug in die ‘69 toe word sy naar
Vers 4
En al wat ek onthou was die rook en die sweet
Toe sy die dansvloer op horing gaan neem
En as die dorp maar net ’n entjie vroeër sou weet
Wat die ouens se oë daardie aand sou beleef…
Koor Herhaal
Vers 5
Laat gewerk moeg by jou voordeur in
Die lewe draai vinniger jou jare krimp
En voor jy jou kan kry maak niks meer sin
Behalwe die verlede en die stories daarin…
Koor Herhaal
![]() |



