5G, die platte aarde en ander eienaardighede

  • 6

Die briewe wat op SêNet verskyn, is die menings van die briefskrywers en nie noodwendig van die LitNet-redaksie nie.

Wat is dit oor internasionale krisisse wat al die vreemde mense met vreemde stories na vore laat kom? Ek het altyd gedag dat die samesweringsteorie-mensies in die minderheid is, jy weet – ouens met ore wat laag sit in die Amerikaanse Suide, wat glo die aarde is plat, geen mens was al op die maan nie en sulke dinge. 

Maar nou het ons die koronavirus, en Facebook en die buurt se WhatsApp-groepie gons nou sommer oor elke sameswering denkbaar. Want het jy geweet dat dit is 5G wat ons die korona gee, en dat die Sjinese aspris die virus versprei sodat hulle die aardbol, skuus, die platte aarde, kan oorneem. Dan nog daarby is gaan Bill Gates ons almal die merk van die dier gee met sy inentings teen die virus. Kyk niks maak sameswerings so geloofwaardig as dat dit te gelyke tyd Bill Gates en die Sjinese se slim planne is nie.

Ek weet nie of dit grendel-verveeldheid is nie? Lyk my elke tannie spandeer nou al haar tyd op WhatsApp en YouTube. Maar antie, glo my goed: Net omdat die vroutjie op die stemboodskap seg dat sy ’n naamlose professor is in alles te doen met viruses beteken nie sy is nie. Net omdat die oom ’n oorstokkie so diep in sy neus kan opdruk beteken dit nie hy weet waarvan hy praat nie. En net omdat daar ’n video is op YouTube wat jou alles vertel van 5G en die bome en gras en die engel van die dood, beteken nie dit is waar nie. 

So chill, kyk eerder YouTube-videos oor hoe om piesangbrood te bak, of resepte met al die Baked Beans wat jy gepaniek koop het. Of kyk Planet Earth of iets deur regte egte wetenskaplikes. En bly kalm en bly tuis.

LAFrikaans

  • 6

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Wat van die "Nuwe wêreld orde" wat deur "Joodse geldmag" afgedwing word?
    Mens kry dikwels mense in veral besondere geloofsgroeperinge, wat nogals snaakse idees smous...Eintlik voorstedelike legendes.

  • Barend van der Merwe

    Ha, gun my 'n paar opmerkings.

    1) My baked beans het ek almal genutting.

    2) Ek het 'n vriend wat eenkeer die volgende opmerking gemaak het. Hy se die mens kon dit regkry om op die maan te loop, maar ons kan nie vir onsself dink dat as almal op die selfde oomblik op die N1 gaan klim, dan gaan dit chaos wees nie.

    Moenie die mens onderskat nie! Onthou: Dis die jaar 2020. Donald Trump is die president van die magtigste land op aarde...

  • Word hier geïmpliseer dat mense nie meer moet wonder, spekuleer, ander opsies ondersoek of idees van jou eie mag he sonder 'n ou graadjie of iets dergeliks nie? Die outeur glo blykbaar dat mense sonder geleerdheid se ore laer sit en almal van hulle aan die 'plat aarde'- teorie glo. Die snobberige ou artikeltjie ruik na pure windmakerigheid en slaafse navolging van 'n kliekerige waardesisteem. As dit nie die walms van te veel boontjies is nie moet dit seker die reuk van 'n kookpot-padda wees wat dink hy het gearriveer.

  • Nee Hangore het iets gelees, maar nie wat ek geskryf het nie! Nie op een plek noem ek geleerdheid nie, en dit is hy wat maar snobberig blyk te wees deur te seg dat dit ongeleerde mense is wat in hierdie terorie glo, nie iets wat ek ooit genoem het nie.

    Ek sal maar voorstel dat hy weer die brief 'n lees gee, en lees wat daar staan nie wat hy wil lees nie.

    Nou kom ons praat oor kritiese denke - dit is presies waarvoor ek vra! Ag jitte mens, as jy glo die aarde is plat is dit nie kritiese denke nie. As jy glo wat ookal jy op whatsApp hoor is dit nie kritiese denke nie - dit is juis slaafse navolging.

    Maar dit is 'n vrye land Hangore ou maat. Glo wat jy wil glo. En ek sal glo at met feite bewys word.

    Sterkte jou kant, ek hooop nie met al die sosiale afstande wat ons nou moet hou val jy sommer van die kant van die aarde af nie!

  • Hans Richardt

    Wel, vir 5 weke was rokers kwesbaar en tabak taboe.
    Tot Chinese en Franse toetse begin, met NIKOTIEN, teen Covid-19?
    Tog is dit SA "wetenskaplikes" in die regering se beplanningskamer, wat sigarette en tabak verbied het.
    Nou is die "vieslike" gewoonte, diè wie altyd aangaan daaroor, se redding?
    Laat my net wonder of alles so voor-die-handliggend is as feit of fiksie...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top