Ek sit en kyk na Dementia-behandeling op Google. Sien Swiss Medica en vul hul antwoordvorm in. Kry oproep uit Moskou van Dr Farzana Sarkisova +41 435085525.
Doen na dit bietjie navorsing op web. Qoura se opinie: dis 'n 419-scam, moerse duur gesondheidskliniek in hoofsaaklik Oos-Europa. Hel, teen €15 000 vir hul "behandeling" en "medisyne", kan ek net sowel na kliniek in Parys gaan en dan nog paar chops braai langs Vaalrivier en daarheen ry.
Daar is darem baie stront op internet en ook scams. Desperate mense kan uitgebuit word.


Kommentaar
Net oppas vir die tjopsbraaiery langs die Vaalrivier. Jy kan dalk vergeet van die Parystoeryery, of dalk nog waarvandaan jy gery het. Wat is 'n stemsel? Is daar iets verkeerd met jou stem?
Ai Angus, hoe lekker lag ek nou! Dalk het Hans 'n stem gehoor?
Dirk, hy hoor dr Farzana Sarkisova wat sê: "Приезжайте в Москву, господин Ханс. Я могу вылечить тебя!"
Ja-nee, vir iemand soos Hans wat ledig sit en besef dat daar baie str@nt op die internet is, wonder ek nou net hoe is dit dat hy nie agterkom sy bronne oor die kopoorplanting is ook bollie nie. Miskien moet iemand 'n "b" bysit om hom daarop te wys dis bollie.
Stamselle ... Nee wat, ek is darem nie besig om die bybeltekste buite verband aan te haal nie.
Sien, my tyd is my eie, as gelukkig geskeide man. Die res moet maar toesien ...
Ek kan my net indink watter probleme 'n geskeide man het. Hy soek daai stamselle!