"34?" deur David-John Bailey

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

34? in die son
32? in die skadu
Wat ’n warme dag!

Hanswors kan nie ophou lag nie
Kinders hulle wil nie wag nie
Musiek speel sag!

En dit herinner my
Aan beter dae
My lys verskonings is
Al klaar opgebruik
Maar tog sit ek hier alleen!

34? brand die blom
32? laat hom skroei
Binne minute is hy weg!

Pappa sê dit is nie sleg nie
Mamma sê dis ook nie reg nie
Die nuus is eg!

En dit herinner my
Aan beter dae
My lys verskonings is
Al klaar opgebruik
Maar tog sit ek hier alleen!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top