"22 Jaar" deur Jenny Fourie

  • 0

22 Jaar

Vir twee en twintig jaar loop elk ons eie pad
met liefde en met stryd
In heerlike voorspoed en bittere teëspoed
loop ons lewens wyd en syd

Liefmens, ek voel jou in my oë

Toe, ? sterk boom val, ? mooi pad kraak
Die lewe word alleen en wreed
Ek versink in pyn, jy struikel in twyfel
Net klein vreugdes demp die leed

Liefmens, ek voel my in jou oë

Maar Iemand het ons raakgesien
Besluit dis nou Die Uur
Na twee-en-twintig jaar bel jy my lewe binne
Hy het jou na my gestuur

Liefmens, jy voel my in jou oë

Jy’t my heelgemaak, als omgekeer
Ons het saam ? nuwe doel
Om lief te hê, onbevange onsself te gee
in ? hemelse arendsdans vry te voel

Liefmens, jy voel jou in my oë
Liefmens, ons weet ons liefde is van Bo
Liefmens

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top