2016 vir die president

  • 1

Foto: Pixabay (ulleo)

Het die afgelope week een dag nogal 'n heel interessante gesprek met 'n jong swart man gevoer. Hy het in 'n model C skool sy onderrig ontvang. Hy het 'n paar jaar in Ingeland gewoon en het 'n "groot bewondering" vir Rhodes. (Glo nie dit is juis iets om oor te spog nie.) Die Ingels wat hy praat klink beter as die Ingelse self.

Ek weet nie of dit ou nuus is nie, maar vir my is dit lekker skindernuus. Soos 'n Mills en Boon riller/tragedie.

Ons geagte president word nie meer onder die meerderheid van die bevolking so hoog geag nie. (Dit is eintlik voor die hand liggend.) Hy word deur die Premier League (provinsiale premiers) tradisionele leiers en natuurlik sy meelopers daar gehou en ondersteun. Sy bynaam in Zoeloe beteken die "laggertjie". Hy gaan blykbaar terwyl hy nog aan bewind is gou nog twee vroue probeer nader trek. Die mense is blykbaar nie baie gelukkig daarmee nie.

Daar is gerugte dat Jacob se een gewese vrou (Skosazana) as 'n presidentskandidaat benoem gaan word. Indien sy sou verkies word gaan sy die lewe vir hom (Jacob) en sy trawante baie moeilik maak. Hul egskeiding was blykbaar bloederig en smetterig gewees. Haar grootste ondersteuner en raadgewer is neef Thabo, soos in vorige president. Hy is blykbaar haar held en het sy met sy "val" in Polokwane glo bitterlik aan die huil gegaan. Dit het blykbaar nie goed by Jacob en kie afgegaan nie en is sy later ook van haar ministerspos onthef.

Die regerende party was as 'n tuiste gesien. Die ouer lede sien dit nog steeds so. Die jonger lede egter nie. Die jong swart man sê dat as jy in 'n huis groot geword het en die huis sorg nie meer vir jou nie wat doen jy? Jy kry vir jou 'n nuwe huis of skep jou eie huis/tuiste. Die ANC se huis gaan leeg loop. Hul doel is uitgedien.

Die jong man is positief en optimisties. Hy sê dit gaan nie maanskyn en rose wees nie, maar saam kan ons as Suid-Afrikaners die wa deur die drif trek. Hy is ook bekommerd oor die ekonomie, onderwys en misdaad. Hy het presies dieselfde verwagtinge soos elke ander jong persoon in die land.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reusedwerg, daar is nog baie van hierdie soort jonges in Suid-Afrika. Hulle is hier getooi en geskool; dit is nie 'n voorvereiste dat jy hoogs bedrewe in Engels moet wees, of dat jy 'n tyd in Engeland moes gebly het, om te sien die keiser is kaal nie. Hierdie soort mense bestaan al van 1994 af (so baie van hulle is al middeljarig).
    Die hartseerstorie is egter dat hulle nie bereid is om te praat nie; hulle vrees vir hul lewens en nie sonder rede nie.Sou Zuma NOU vervang word gaan dinge nie veel verbeter die. Sou Zuma later vervang word (wat een of ander tyd moet gebeur) is dit maar dieselfde storie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top