“Monkey see, monkey do”

  • 1

Tydens die 2014-Woordfees op Stellenbosch het die produksie Na-aap, vervaardig deur Jaco Bruwer, die gehoor dieper laat dink oor die mens se bestaan deur middel van sy abstrakte uitbeelding van die vergelyking tussen die mens en die aap.

Dié produksie van Franz Kafka se aangrypende 1917-kortverhaal “Ein Bericht fur eine Akademie”, oftewel "? Verslag aan ? Akademie", met De Klerk Oelofse, is ’n ernstige, maar ’n besonderse verhaal. Alhoewel nie almal van ’n eenman-vertoning hou nie, moet daar lof gegee word aan Oelofse en Kafka vir die suksesvolle oordrag van ’n sosiale kwessie wat die mensdom daagliks in die gesig staar. Die toneel kyk hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring en hoe die mensdom weens aangeleerde gedrag nooit werklik vry kan wees nie.

In hierdie verhaal spreek ? aap ? groep lede van ? akademie toe, waar hy vertel van sy ontwikkeling van aap tot mens. Oelofse se karakter is die aap, Rooi Piet, wat ’n wetenskaplike konferensie oor sy lewe toespreek. Die aap is in ’n Afrika-oerwoud gevang en oorleef nou in sy ingehokte bestaan op die skip onderweg na Hamburg in Duitsland. Hy vertel van sy reis per skip van die oerwoude van Afrika na Hamburg, en hoe hy sy ingehokte bestaan oorleef het deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Die aap geniet uiteindelik “vryheid” as hy leer hoe om die menslike gedrag na te boots in die vorm van taal en gebare.

Deur hierdie nabootsing en bestudering van menslike gedrag word Rooi Piet so suksesvol dat dit hom ’n lonende loopbaan bied. Sy verslag oor die transformasie van aap na mens bied ’n kritiese en ontnugterende perspektief op wat ’n mens is, hoe mense optree, hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring, en hoe onvry die mensdom is weens aangeleerde gedrag.

Kafka kry dit reg om die kykers in sy wêreld te laat verdwaal en slaag daarin om gek te skeer met die ernstige temas deur gebruik te maak van kreatiewe sinspeling. ? Goeie voorbeeld hiervan is die titel: Kafka gebruik spesifiek die woord “aap” in “Na-aap” om die tema van aap en mens te ondersteun. Kykers raak moontlik deurmekaar as gevolg van die beperktheid van sintaksis en die ingehoktheid van taal, vergelykings tussen kind- en aapwees en hoe die mensdom deur kondisionering en onder die vaandel van beskawing deur na-aping taal en gebare as tekensisteme aanleer.

Die verteller, Rooi Piet, bied die verhaal narratief aan. Met hierdie produksie word die kyker suksesvol gedwing om te reflekteer en te besin oor sy eie bestaan en wat dit werklik beteken om mens te wees. Aanhoudende herhaling kom voor in die produksie –’n besonderse strategie wat Kafka gebruik om die aanhoudende na-aping van die mens deur te gee.

Die probleem met hierdie strategie is egter dat die gehoor gou verveeld raak, aangesien hulle nie verstaan hoekom hierdie aanhoudende herhaling gebruik word nie. Vir van die kykers het dit gevoel of die verhaal aanhoudend van voor af begin. Soos alreeds genoem, is ? eenman-vertoning nie almal se gunsteling nie, en met die spesifieke toneelspel is dit belangrik om navorsing vooraf te doen om dit werklik te waardeer.

In die huidige raamwerk van voorstelling maak dit die natuur en die herskepping daarvan moeilik identifiseerbaar. ’n Voorbeeld hiervan is wanneer daar gebruik gemaak word van platforms van moderne media, waar die onderskeid tussen die oorspronklike en voorstelling nie altyd so duidelik is nie. Dit fokus op die wreedheid van die mensdom. So wreed en so hartseer, die aanhoudende na-aping van mekaar: of dit nou klerestyl of lewenskeuse is, mense hou vas aan mekaar se gedrag en manier.

As mens kyk na die fisiese aspekte wat Kafka gebruik om die verhaal oor te dra, is dit duidelik dat die beligting op Rooi Piet fokus. Die gebruik van ’n projektor in die agtergrond dra daartoe by dat die kykers herinner word dat hy wel ’n aap is wat besig is om soos die mens te word. Rooi Piet dra skoolklere, ’n beklemtoning van sy leerproses.

Hierdie produksie kan as suksesvol met die oordrag van sy boodskap aan die gehoor beskou word slegs indien die kyker wel die nodige agtergrond van die produksie tot sy of haar beskikking het. Die kyker moes vooraf geweet het dat daar vergelyking getref gaan word tussen die aap en mens en dat die mens wat gevange is in die “eie ek”, tematies voorgestel word – eers dan kom hierdie abstrakte en satiriese toneelstuk tot sy volle reg en kan dit werklik waardeer word.

 

Lees ook Rentia Bartlett-Möhl se resensie van Na-aap hier.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top