Geskryf vir: Straatligkinders
Het jou siel se bloed al verblyk
Het iemand darem na jou gekyk
Is die reuk van hartseer sleg
Die gedagtes gaan nooit weg
Het jou hartskeur homself vermom
Het jou glimlag mense verstom
Is die vrae van mense minder
Mense sal altyd skinder
Refrein:
Ek mis jou reuk jou hand jou soen
Gevind is ons maar tog verlore
Vergeet van ons ek dink genoeg
Vergeet van ons ek dink genoeg
Het iemand jou darem gekry
Het iemand jou jammer vermy
Daar waar ek jou gelos het
Jou gevat en jou hart gered
Het jy haat in jou hart van lei
Kry jy soms nagmerries oor my
Omdat ek jou weg gestoot het so vinnig
Ek is aan baie verskuldig
Refrein:
Ek mis jou reuk jou hand jou soen
Gevind is ons maar tog verlore
Vergeet van ons ek dink genoeg
Vergeet van ons ek dink genoeg
Brug:
En ek het jou verniel
Verskeur en oopgekraak
Maar tog oorleef jou siel
Jy word nou oor gemaak
Ek mis jou tog en dink aan jou
Maar dit is beter veral vir nou
Om net te wonder en te dink
Om hierdie liefde te laat sink
Refrein:
Ek mis jou reuk jou hand jou soen
Gevind is ons maar tog verlore
Vergeet van ons ek dink genoeg
Vergeet van ons ek dink genoeg

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

