Geskryf vir: Straatligkinders
As grootword ? sport was het ek nooit deelgeneem nie
As my kaarte die toekoms kon wys het ek dit nooit gespeel nie
As ek ? wensfeetjie gehad het, het ek haar nooit gedeel nie
Ek soek net vir jou
REFREIN:
Vergeet die dade
Verstaan die foute
Verloor die sonde
Onthou my
Vergeef my woorde
Verkleur my drome
Verwoord my denke
Asseblief onthou my (x2)
Ek het van die goud by die reënboog reeds weggeloop
Die gans met die goue eiers reeds verkoop
Ek soek net vir jou (x2)
Ek het van Kersvader se lys afgeklouter
Ek het my sente uit die dam reeds uitgeduik
Ek soek net vir jou
REFREIN
BRUG:
Kyk die krake in my sole
En sien die blase op my tone
Die pad is lank en dis nog lank van klaar
Ek hoop ek kry jou met ? kersie daar
? Wipplank was nooit gemaak vir een
So wil jy wip en sal jy waag?
Sal jy my ? kans gee om jou uit te daag?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

