Winter gedagtes hoekom is jul so koud en bleek?
So asof jul wag vir die sonskyn om deur te breek
Hoekom fladder jul rond, so vol verlange
Na verre horisonne vol van herinneringe van vergange?
Roep my hart dan nog ’n keer
Sal jy ooit na my terugkeer?
Sonstrale breek tog deur
Gee ’n lag aan my hartseer
Sit ’n vonkel terug in my oog
Sodat my eensaamheid tog nie verhoog
Wonder dae van vergange
Streel teer oor my verlange
Laat my Wintergedagtes wyk
En gee my moed om vorentoe te kyk
Refrein:
Gedagtes fladder, fladder deurmekaar
Van wonderlike oomblikke by mekaar
Wintergedagtes neem nou die wyk
En laat geluk tog weer vir my kyk…
Sonstrale breek deur in warm gloed
En maak my hart vol hoop en nuwe moed

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

