Dis yskoud in die gange
Waar portrette van ons gesinne nog sal hang
Sal ons die hoofstuk eerlik afsluit
En met nuwe stories kan vervang
En soggens as die wasem
Al ons gesange en beloftes weg kan steek
Weet ons ons sal eendag weer
Al die ys wat om ons harte kleef kan breek
Die seisoene het baklei
En ons winter is verby
Die somerson sal skyn
Die somerson sal skyn
Aan die takke hang die waarheid
Waar die leuens was sien ons nou net dou
Soms is die stilte stig en salig
Maar dis 'n dialoog waarvan ons onsself weerhou
Die seisoene het baklei
En ons winter is verby
Die somerson sal skyn
Die somerson sal skyn
En in die laaste samesyn
Ontdooi ons elke droom wat ons verdien
Ek wag al vir maande
Om jou sonbevlekte vel weer te sien

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

