"Wie is wie" deur Nicole Vergottini

  • 0

Wie is jy nou weer?
Ons verander met die tye
Wie Is ons die keer?
Hang af wats die voorbladlyne

Van donker aand tot midde dag
Haal ons asem in die skadu's
Wie was ons gisteraand?
Ons gesigte het verander

Refrein:
Ons verander, ons verkleur
Ons weet nie meer wie om te wees
Ons verander, ons vergeet
Wie moet ons eintlik wees?

Wie is jou vriende?
Hul verander dan so veel
Wie kan mens vertrou?
As jy nie eers weet wie is wie nie

Wie staan saam?
Kyk na mekaar en weet
Wie is bang?
Ek het skoon vergeet

Refrein"
Ons verander, ons verkleur
Ons weet nie meer wie om te wees
Ons verander, ons vergeet
Wie moet ons eintlik wees?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top