"Wie Is Ons" deur Leonard Lucas

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Wie is ons om te veroordeel tussen wat reg en verkeerd is?
My hande is net so vuil soos joune
Dit dra die bloed van al die harte
Wat ons tussen ons vingers gebreek het

Wie is ek om vir jou te sê hoe om te leef?
As ek dan self 'n balk in my oog het?

Refrein:
Al het jy my hart al seergemaak
Kies dit om jou nog liefde te wys
Dit loop uit elke kraak
Van hierdie kluis
Vol geheime

In hierdie see van pyn het te veel al in verdrink
Traan vir traan
Kan ons dit opdroog
Hand in hand
Loop ons saam

Gaan sit die verlede neer
Dit bring net terug al jou pyn en seer
Skyn 'n lig op die donkerte
Laat dit verdwyn
In die helderheid Van die liefde
Vir jou medemens
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top