Geskryf vir: Straatligkinders
As jy vir my kan sê wat jy wil hê
Sal ek dit vir jou gee en nog vele meer
Ek wens net jy weet hoe ek oor jou voel
Maar hoekom is dit dan dat ons nooit oor die weg kom nie
Is dit ek, is dit jy
Is dit ander mense wat ons prober wegdryf van mekaar
Ek sit nou hier staar na ’n lied wat ek vir jou bied
Maar woorde hardloop weg in my kop
Wat is daar nog oor om te skryf te sê en te bewys
Refrein:
Ek het jou lief en ek wil saam jou nog baie liedjies skryf
Alles net vir jou
Ek weet die dag gaan kom
Die dag wat jy vir my kom sê
Ek’s jammer en wil elke oomblik saam jou wees
Dan sal ek elke dag saam jou sit
En die son sien opkom

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

