Geskryf vir: Straatligkinders
Ek ruik die weerlig in die wind
Ek hoop jy bel my voor dit reën
Partykeer
Moet jy ook die son sien (x2)
En ek weet nou
Jy word kwaad
Vir mense in ’n foto raam
En vir hoe normaal my hartklop klink
As die duiwel vir my blomme bring
Probeer verstaan
Wat ek bedoel
Dat my sonde in die see weg spoel
En dat die Here my nog sal vergeet
Totdat ek besluit om op te gee
Veronderstel dat ek kon sien
En mooier woorde vir jou bring
Partykeer
Moet jy ook die son sien (x2)
En ek weet nou
Jy word kwaad
Vir mense in ’n foto raam
En vir hoe normaal my hartklop klink
As die duiwel vir my blomme bring
Probeer verstaan
Wat ek bedoel
Dat my sonde in die see weg spoel
En dat die Here my nog sal vergeet
Totdat ek besluit om op te gee

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

