"Vuur van Verlange" deur Bernardine Van Wyk

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Die laaste argument kan ek helder onthou
Die trane oor jou wange, jou arms gevou
Ons het gesê wat ons wou, ons gevoelens gedeel
Jy weet jy't net met my hart gespeel

Nou sit ek hier en dink weer aan jou
Wonder of jy ook al die tye onthou

Al die tye onthou

Kom sit hier by my, om die vuur van verlange
Dan hou ek jou vas, en sing mooi gesange
Kom ons maak asof ons, mekaar nooit sal verlaat
En probeer ook vergeet van die sleg en die kwaad

Kom sit hier langs my, by die vuur van verlange
Dan deel ek met jou, my hart se belange
Kom ons raak dan weer, van voor af verlief
Jy's ’n engel my skat, ’n hartedief

Elke nuwe dag, is ’n stryd teen die seer
Somtyds wonder ek, wanneer sien ek jou weer
Wonder waar is jy, sal ek jou ooit weer kan vind
Tog na alles, is my hart se rieme aan jou vasgebind

As ek net een oomblik, jou weer vas kan hou
Sal ek alles verander, jy kan my vertrou

Se my kan jy onthou

Kom sit hier by my, om die vuur van verlange
Dan hou ek jou vas, en sing mooi gesange
Kom ons maak asof ons, mekaar nooit sal verlaat
En probeer ook vergeet van die sleg en die kwaad

Kom sit hier langs my, by die vuur van verlange
dan deel ek met jou, my hart se belange
kom ons raak dan weer, van voor af verlief
jy's ’n engel my skat, ’n hartedief

Brug:
In die tronk van jou hart, sit ek vasgevange
Ek sit hier alleen, en sterf van verlange
Sê my dink jy nog aan my, want as ek my kry
Sit en dink ek aan jou

Kom sit hier by my, om die vuur van verlange
dan hou ek jou vas, en sing mooi gesange
kom ons maak asof ons, mekaar nooit sal verlaat
en probeer ook vergeet van die sleg en die kwaad

Kom sit hier langs my, by die vuur van verlange
dan deel ek met jou, my hart se belange
kom ons raak dan weer, van voor af verlief
jy's ’n engel my skat, ’n hartedief
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top