"Voorstellings, afleidings en instruksies" deur Marnus Du Plessis

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Voel jy soms asof jy ? masker moet dra?
Net om aan te pas by iemand anders se standaard
Betwyfel jy ook wie jy is?
Wonder jy net of daar iemand anders is?
Ek probeer praat, maar my woorde spreek net stilte aan
Gebroke boodskap in morstaal
Sag en onhoorbaar, maar dit is daar

REFREIN:
Jy is nooit alleen
Liefde wen, al maak dit seer
Jy is deur Die Argitek genees
En gemaak om die spieëlbeeld van jouself te wees

Jy skreeu jou longe uit
Tot daar net stilte is
Op soek na aanvaarding
Jou arms die kaart
Voldoen ek aan jou vereistes?
Sublieme opmerkings, die finale produk van verwerping
Wie is ek? Wie is jy?
Die relevante antwoord op die rasionele vraag
Jou voorstellings, afleidings en instruksies
Staan my nie aan

Ons moet ophou mekaar afbreek
En eerder ophef
Ons almal bly spontaan
Mense probeer ons in ? boks plaas
En opsom waar ons staan
Moenie jouself afskryf en verkoop nie
Identiteit is die teikenmark
Jy't ? unieke gebrek aan wie jy is

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top