Ek stap hier langs die see
Met elke tree wat ek gee
Word voetspore in die sand getrap
Soos ek verlangend langs die water stap
Refrein:
Voetspore in die sand
Langs die see hier op die strand
Hier in ons mooiste land
Oral sien jy spore in die sand
Ek dink aan al die strome
Dit bring nuwe hoop en die mooiste drome
Die seewind wat deur my hare waai
Met al die visser manne op die kaai
Elke brander wat teen die rotse slaan
Wie sal ooit die see verstaan
Hy ken sy hoog en laag gety
Met al die voetspore wat agter bly

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

