"Vir altyd" deur Louise Greyling

  • 0

Jy het jou siel op my afgeskryf
Die aand toe jy vir my kyk
Toe jy regdeur
Regdeur my kyk

En verduidelik ons tyd
Ons tyd is nou verby
En dis ons vir altyd
Wat híér gaan agterbly

Jy kon dit nooit verstaan nie
Ek kon vir altyd nie laat gaan nie

Vir oulaas moes ek terugkyk
Nou’s ek vasgevang
Vasgevang in jou tyd

Realiteit het nog nooit vir my sin gemaak nie
Dit was makliker om aan te hou glo
Selfs al kon ons tyd nie wen nie
Selfs al het ons keer op keer
Keer op keer verloor

Verdeelde ure is wat ons gehad het
Dit was ons sin om verewig bymekaar te maak
Maar jy’t ons vir altyd
Ons vir altyd híér laat wegraak

Jy kon dit nooit verstaan nie
Ek kon vir altyd nie laat gaan nie

Vir oulaas moes ek terugkyk
Nou’s ek vasgevang
Vasgevang in jou tyd

Geduldig sal ek staan
Elke glimlag maak nou saak
Dié oomblik sal verstaan
Vir ons is dit
Vir ons is dit te laat

Vir my het jy kom wys
Dis ons tyd wat hier moet uit
Jou impulsiwiteit het
Ons vir altyd
Ons vir altyd gekleur met spyt

Jy kon dit nooit verstaan nie
Ek kon vir altyd nie laat gaan nie

Vir oulaas moes ek terugkyk
Nou’s ek vasgevang
Vasgevang in jou tyd

Ek het nog niks hieruit geleer nie
Jou skrif lees teen die muur
Jy’t ons vir altyd weggebêre
Vir altyd weggebêre hier
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top