"Verstik" deur Martin Ferreira

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Al die prentjies wat jy af my keel afdruk
Moet ek verslind stuk vir stuk
Waar kom jou waarheid vandaan
Dit sal ek nooit verstaan

Jy het 'n etiket op my uit gegraveer
En my maniere gekritiseer
Ek is so jammer meneer
Maar dit was nou die laaste keer

Ek verstik
Aan ek die woorde wat jy sê
Verstik
Aan dit wat jy van my wil hê
Verstik
Ek kry nie asem nie
Ek kry nie asem nie

Jy kweek 'n hart van vrees
Met al jou vooropgestelde idees
En jy’s is nie bereid
Om my in die oë te kyk

Ek wil die deel word
Kan hierdie gemors
Kan jy nie sien wat jy doen nie
Kan jy nie sien wat jy doen nie

Ek verstik
Aan ek die woorde wat jy sê
Verstik
Aan dit wat jy van my wil hê
Verstik
Ek kry nie asem nie
Ek kry nie asem nie

Jou self geregte moordenaar
Die effek van jou dade is on gewaar
Ek is maar net 'n sondaar kind
Maar ek sal net soos jy genade vind
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top