Geskryf vir: Straatligkinders
Sondag son dagbreek
Duiwe koer-koer
Lukrake gedagtes
In stilte ontvoer
Die wil van die hart
Kwes die mag van die woord
Die dier in die mens
Is aan wie ons behoort
Vreemde mense roep my naam
Ek ken nie eers myself nie
Red my van die monster in die skaduwee
Sluimer in tot in ewige slaap
Droom die drome
Van die lankal verlore
Vrede was vryheid toe dit nog bestaan het
Die lewe was liefde
Toe ons dit gemaak het
Rondomtalie ritme bou
Wentelbaan breek
Liriese wandelpad
Waar die waarheid in steek
Die son sak sy kop
En buig voor die see
’n Spektrum fluweel
Voor die hemel se deur
Ek roep na ’n vreemdeling
Ek ken nie eers myself nie
Die monster is binne ons
Sluimer in tot in ewige slaap
Droom die drome
Van die lankal verlore
Vrede was vryheid toe dit nog bestaan het
Die lewe was liefde
Toe ons dit gemaak het

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

