"Verlore tyd" deur Anneke Van Den Heever

  • 0

Kon jy dit voel?
Toe die emosies soos ’n vloedgolf deur my spoel
My hart in twee geskeur
En alles op sy kop gekeer
Niks kon ooit weer regkom nie
Ek kon jou nie weer terugkry nie

Het jy gesien?
Toe ek op my knieë neerval om die Here te dien
Die pyn van al die smart
En seerkry in my hart
En my smekende gebed aan Hom
Dat jy tog net weer terug sou kom

Die tyd stap aan en ons kan dit nie keer
Wanneer sal die mensdom ooit tog leer
Dat niks kan opmaak vir verlore tyd
As dit eers uit is, is dit uit!

Kon jy dit hoor?
Hoe my hart ’n pyn kreet roep toe ek jou verloor
Die flitse van herinnering
Die droewigheid wat my omring
My wêreld sou veranderd staan
Waar ek nou sonder jou moes gaan
Die tyd stap aan en ons kan dit nie keer
Wanneer sal die mensdom ooit tog leer
Dat niks kan opmaak vir verlore tyd
As dit eers uit is, is dit uit!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top