Vers 1:
Uur na uur kyk ek na jou foto teen my muur
Onder hom is jou
Liefdes brief op die mooiste papier
Ek bewonder jou skrif
En voel hoe jou
Liefde deur my liggaam gaan soos gif
Refrein:
Ek voel so lam so
Lam
My trane op my
Wange klam
Waar is jy nou?
Dit voel of die
Dood sy arms om my vou
Dis die verlange
Na jou
Vers 2:
Dag na dag lê ek op die sommer gras en wag
My gedagtes maal
Oor en oor oor jou lag
Elke blommetjie
’n Herinnering aan jou prag
Ek raak duiselig
Van jou liefdes oordosis
Refrein:
Ek voel so lam so
Lam
My trane op my
Wange klam
Waar is jy nou?
Dit voel of die
Dood sy arms om my vou
Dis die verlange
Na jou
Vers 3:
Week na week voel
Ek
Hoe jou liefde
Soos ’n mes in my steek
My glas hart val
Maar jy vang hom voor hy breuk
Refrein:
Ek voel so lam so
Lam
My trane op my
Wange klam
Waar is jy nou?
Dit voel of die
Dood sy arms om my vou
Dis die verlange
Na jou
Vers 4:
Jaar na jaar wil ek net elke oomblik saam jou spaar
Maar waar O waar kan ek tyd laat staan?
’n Sekonde voel
Soos ’n leeftyd sonder jou
Jou liefde drip
Aan my hart soos dou
Refrein:
Ek voel so lam so
Lam
My trane op my
Wange klam
Waar is jy nou?
Dit voel of die
Dood sy arms om my vou
Dis die verlange
Na jou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

