Geskryf vir: Straatligkinders
My gebrek aan kommunikasie
Vang my vas in hierdie fantasie
Word ek ? sagte teiken
Van versoeking
My onvolwasse hart
Is onbeskerm teen die smart
In ? genadelose wêreld
Van versoeking
REFREIN:
Die skadu's van volwassenheid kruip al nader
En word al langer in die middagson se gloed
En soos ek hier staan en wonder
Het ek voete van klei of rots?
Is dit nou tyd om groot te word?
Dis nou tyd om groot te word
Die rugsak van die reisiger
Loop oor van avontuur
Die boek van sy verhale
Is onvoltooi
In jou oë kom anker gooi
En sy verhaal hier kom voltooi
Rus en vrede gevind
Vir hart en siel
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

