"Tweedehandse liefde" deur Chante Stroh

  • 2

Geskryf vir: Straatligkinders

Sê vir my
Is dit nou ek of is dit hy
Wie se liefde soek jy

Ek kan sien hoe jy vir hom kyk
Lyk vir my ons liefde het verbleik
Jy het ons liefde net weg gesmyt
Ek's uit

Jy kan maar jou tweedehandse liefde vir jouself hou
Jy is in twee geskeur, ek vou
Jy's 'n ander man se vrou

Ek kan sien hoe jy oor my skouer loër
Jou gedagtes is daar doer
Daar by hom, jou hart lê by hom
Ek bly hier staan, verstom

Jy het my verkul, jy het my verneuk
Jy het my in die rug gesteek
My hart gebreek

Jy kan maar jou tweedehandse liefde vir jouself hou
Jy is in twee geskeur, ek vou
Jy's 'n ander man se vrou

Ek kan sien hoe jy vir hom staar
Jou hart lê daar, jou hart lê daar, jou hart lê daar
By hom
Ek staan verstom

Wie is hy
Jou volgende charity case

Wie is jy nou
Jy is die ander vrou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 2

Kommentaar

  • Chante dis fantastiese lirieke. Ek weet jy kan dit nog ver vat. Wens jou net die beste vir jou pogings

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top