Vee jy die besem
Ry jy die fiets
Iewers in die lewe
Doen jy tog iets
Doen dit net reg
Anders klim op die trein
Dan vat hy jou weg
Diep in die woestyn
KOOR
Die trein na die woestyn
Waar jy leer van pyn
Die trein na die woestyn
Is elke sand korreltjie so klein
Die trein na die woestyn
Wil jy nie ry
Dit is beter
Om daai trein te vermy
Die trein die trein
Die trein na die woestyn
Daar sal jy leer
Die lewe het sy pyn
Doen wat jy doen, doen reg
Dit help nie om daar teen te veg
Sit jy sonder water
Sit jy sonder kos
Is jou lewe
Een groot gemors
Dit wat jy doen
Moet dit nie halfpad los
Die stasie is nie ver
Dit weet jy mos
KOOR

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

