"Toekoms" deur Erik Levigne

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Toe verbeelding verniet was
En geheime die dorp vol was
Toe rym die vrug van digters was
En die maan nog bewoond was
Toe ons jonk was

Toe die dag ? uur lank was
My ma los van rumatiek was
En nog saam met my pa was
Toe liefde ? vuurwerk was
En jy die mooiste van almal was
Toe my hart gebou uit klei was
En die klei in jou hand was
Toe ons jonk was

Toe die see in sy skulp was
En wetdreams mode was
Toe almal nog in die kas was
En jy my hoofstad was
Toe ons die planeet was
En al die seisoene een was
Toe ? perske die son was
En jou mond myne was

Toe water dikker as bloed was
En bitter slegs ? smaak in die mond was
Toe leef natuurlik was
En familie van verlang was
Toe ek naby aan jou was
Toe jy nog jy was
En ons twee alles was
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top