"Tant Plessie het verhuis" deur Alma Muller

  • 0

Ek kan haar deesdae sien
Dit is nie as gevolg van oom Solly se kantien
Ek sien haar werklik, julle moet my asseblief tog glo
Waarom dink julle almal ek lieg en bedrieg sommer so

Sy spook, sy spook. Jul moet my glo
Ons hoor haar rond slyp in die voorhuis en bo

Ek belowe, sy bly werklik hier in my huis
Dink wat julle wil, maar ek weet my verstand is nog pluis
Ten spite van my opvoeding en algemene wysheid
Kan ek mos nie help as tant Plessie by my huis, dis ’n feit

Sy spook, sy spook. Jul moet my glo
Ons hoor haar rond slyp in die voorhuis en bo

Sy loop in die nag en ek hoor elke tree
Ek is bevrees sy gaan my een aand vang want ek wis haar meer en meer
Soms voel ek haar hier naby my bed en kruip onder die komberse weg

Sy spook, sy spook. Jul moet my glo
Ons hoor haar rond slyp in die voorhuis en bo

Haai julle, om so iets te beleef is genuine sleg
As julle my nie meer sien dan weet julle wel
Tant Plessie het my beet, dan sal almal besef my huidige leed
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top