"Stop die gestry " deur Kobus Venter

  • 0

Wil jy in oorlog lewe
Of wil jy na liefde strewe
Ek is moeg vir baklei
My hart is die een
Wat daaronder ly

Na al die jare, behoort jy te weet
Daar is niemand anders, dis net ek en jy
Ek stel in niemand anders belang
So vergeet, jy sal my nie uitvang

Jy moet my vertrou
Voor jy dit berou

Ek is mal oor jou
Dis net van jou wat ek hou

Dis net jy in my lewe
My hart kan getuig
Dis net na jou
Waarna ek strewe

Stop om my te verdink
In bloed is my hart
Besig om te verdrink
Ek wil jou nie verloor
Met liefde het jy my getoor

Ek wil jou iets vertel
Jy’s my lover, my beste pêl
Daar is niemand anders
Jy is my enigste metgesel

KOOR
Kom sê vir my
Wil jy net heeltyd baklei
Kom ons los die gestry
Dis mos lekkerder om te vry
Kom lê bietjie by my
In jou oor sal ek fluister
Jou het ek lief
Jy is al een vir my
In jou oor sal ek fluister
Jy moet baie mooi luister
Jy is die een vir my
Net by jou wil ek bly
Kom ons los die gestry
Dis mos lekkerder om te vry
Dis mos lekkerder om te vry
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top