Geskryf vir: Straatligkinders
Hyt die oe van sy pa hy is ? man
Gebore met twee vuiste hy's ? man
Hy moes hulle al met geboorte gebruik
En sy pad oopveg om vars lug te ruik
Hy sal baklei om te oorleef, hy's ? man
Sy sit in die skoolbank langsaan, hy's ? man
Sy't ? kêrel wat sy bloed soek, hy's ? man
Het vroeg al geleer om sy vuiste te bal
Hy's nie bang nie en sal regstaan as die houe val
Hy sal veg vir haar eer, hy is ? man
Hy los skool vroeg soos sy pa, hy's ? man
Vieruur soggens om te gaan werk, hy's ? man
Werk dag en nag, laat kook net die pot
Sy baas is ? vark, die salaris vrot
Eksbaas het nou ? skewe neus, hy's ? man
Sy seun het sy oë want hy's ? man
Die lewe skuld hom ook, hy's ? man
Leer sy vuiste ook al vroeg gebruik
Hy moet ook nou oor sy skouer kyk
Want die lewe skuld hom ook, hy's ? man
Hartseer stories op sy vuiste, hy's ? man
Kneukelletsels op sy wang, want hy's ? man
Met sy hart vol hartskeur-eelte
En sy oë vol liefde ledig
Hy't die kinders oor die naweek, hy's ? man

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

