"Spitbraai" deur Dianne Joubert

  • 0

Saterdagaand en die vriende is saam
Die Bokke speel rugby en die TV is aan
Die son sak weg en almal is jollie
Die Bokke loop voor en als is dood dollie
Die kinders speel, gil en baklei
Die vrouens maak slaai, skel en vermy

Refrein:
Die manne staan om die braai
Die spitbraai
Die voggies vloei om die braai
Die spitbraai
Die tonge raak los om die braai
Die spitbraai
Die vleis is aan die braai
Op die spitbraai – die spitbraai

Dis later aand en die musiek lawaai
Die kinders is honger en die vrouens is kwaai
Die bure kla en die kops daag op
Ons nooi hulle in en gee hulle dop
Die Bokke wen en die gees loop hoog
Dis middernag en die bottles loop droog

Refrein:
Die manne staan om die braai
Die spitbraai
Die voggies vloei om die braai
Die spitbraai
Die tonge raak los om die braai
Die spitbraai
Die vleis is aan die braai
Op die spitbraai – die spitbraai
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top