Geskryf vir: Straatligkinders
Onthou jy nog die tye
Die blomme en die bye
Op 'n warm somers dag
Terwyl die kinders lekker lag
Wat het geword van daardie dag
Ek wag
Ek sit nou hier en terug dink
Ek kyk na al my goeters wat blink
My hart sink
My siel verdrink
Onthou jy nog die sorglose dae
Die tye saam met ma en pa
Die tye van onskuld, die tye van speel
Die tye wat ons nog 'n lewe saam kon deel
Ek onthou nog my kinder dae
Toe ek nog nie die wêreld op my skouers moes dra
Wat het geword van daardie dae
Ek vra
Ek sit nou hier en terug dink
Ek kyk na al my goeters wat blink
My hart sink
My siel verdrink
Onthou jy nog die sorglose dae
Die tye saam met ma en pa
Die tye van onskuld, die tye van speel
Die tye wat ons nog 'n lewe saam kon deel
Onder ouma se wilger boom
Het ek van die werklikheid gedroom
Die tyd het gevlieg
Ek moet nou bieg
Ek word oud
My hande is al koud

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Chante waar was jy al die tyd? Ek glo iemand gaan notisie neem van jou wonderlike talent.
Chante - Baie goeie skyfwerk - hou asb aan met skryf jy HET talent! TS