"Sonder jou " by Kobus Venter

  • 0

Jy is my liefling
Enigste ding
Wat geluk
In my lewe bring

My sonskyn vir jare
Die bloed deur my are
Die hip in my loop
Sonder jou is ek dood

Ek wil elke minuut van jou hoor
Anders is my minute sommer goor
Jou sagte stem in my ore
Sonder jou is ek verlore

Jou sagte lippies in my nek
'n Soentjie op my bek
Is die gevoel
Waaroor ek vrek

KOOR
Sonder jou is daar nie 'n lewe nie
Sonder jou niks om na te strewe nie
Sonder jou is my lewe leeg
Sonder jou wil ek nie aanbeweeg
Sonder jou – sonder jou

Jou mooi oë blink soos 'n ster
My liefde in my hart lê nie ver
Jou donker lang hare
Roer my hartsnare

Jou bruingebrande lyf
Maak my hele lyf stokstyf
Jou diep dimpels op jou wang
Het jy my mee gevang

KOOR
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top