Dink jy darem nog aan my in die Afrika-storm
Donder en blits soos net die Hoëveld kan brom
Ek’t van ons son vir jou in ’n bottel gevang
Die bottel son op die voorstoep gehang
Hoe vang ek vir jou ’n veldblom se geur
Die reuk van jasmyn teen my mure
Die sag, milde wind wat my arms omvou
Soos die tyd by die dam om my en jou
Waarin vang ek die reuk van geelperskereën en mos
Dou op die geelhout in die klam Knysnabos
Die padda se kwaak en die krieke se kras
Groen varings in koel denneboombas
Hoe vang ek vir jou ’n veldblom se geur
Die reuk van jasmyn teen my mure
Die sag, milde wind wat my arms omvou
Soos die tyd by die dam
Hoe gryp ek die blou van die Klein Karoo vas
Hoe druk ek dit vinnig in die sak van jou jas
Die stilte van die Namib waar sonbesies sing
En die ewigheid jou diep binnedring
Dink jy darem nog aan my in die Afrika-storm
Donder en blits soos net die Hoëveld kan brom
Ek’t van ons son vir jou in ‘n bottel gevang
Dit toe op die voorstoep gehang
Hoe vang ek vir jou ’n veldblom se geur
Die reuk van jasmyn teen my mure
Die sag, milde wind wat my arms omvou
Soos die tyd by die dam
Ek het van ons son in ’n bottel gevang
Die veldblom se geur op die voorstoep gehang
Hoe gaan ek dit by jou in die vreemde kry
Daar het eintlik so min van jou agtergebly
So min van jou het in Afrika gebly ...

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

