Geskryf vir: Straatligkinders
Ons huiswyn is liefde
So staan net stil
Sodat ek jou kan liefhê
Ons liefde is harte
Wat borrel en oorkook
So staan net stil
As ons net beter mense was
Sou almal stilstaan om ons te
Sien jy beter mense as
Die wat stil staan
Om ons te sien?
Van huiswyn en liefde
Kom kuier jy
So hou nou styf vas
Hou my styf was
Ons liefde
Wat wil jy my vertel
Sodat ek jou kan liefhê (x4)
As ons net beter mense was
Sou almal stilstaan om ons te
Sien jy beter mense as
die wat stil staan
Om ons te sien?
Ons huiswyn is liefde
So staan net stil
Sodat ek jou kan liefhê

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Ken jy die skrywer van die lirieke?